Tuis Badkamers

Karoo-kalmte

-

#4

Nadat Dewald en Erika van Zyl (finaliste in 2016 se Regruk met Flair en tans deelnemers op Tuis se TV-program, 1,2,3 Fix It! , op VIA) ’n

200 jaar oue huis op Prins Albert gekoop het, het hulle ons beïndruk met hoe hulle dit in ’n selfsorgko­thuis met tonne sjarme omskep het. Tipies van dié ou huise was daar nie ’n badkamer nie, en die uitdaging was om een aan te bou sonder dat dit splinternu­ut lyk.

“Ons het ’n plaaslike pleisteraa­r gekry wat fantasties­e werk gedoen het,” sê Dewald. “Maar ek en Erika wou die ouwêreldse gevoel van die huisie bewaar. Ek het vir hom gesê ek is baie jammer, maar ek gaan jou perfekte pleisterwe­rk verniel om by die res van die huis te pas. Toe vat ek ’n troffel en werk die gladde mure grof en ongelyk af. Daai man dink seker ek is van lotjie getik, maar dit moes so aards moontlik lyk!” >>

 ??  ?? OOP EN BLOOTOmdat dit ’n te groot waagstuk sou wees om deur die eeue oue kleimure te boor, is die koperpype buite-op aangebring. Rooi en blou houthartji­es wys watter kraan is vir warm en koue water.
OOP EN BLOOTOmdat dit ’n te groot waagstuk sou wees om deur die eeue oue kleimure te boor, is die koperpype buite-op aangebring. Rooi en blou houthartji­es wys watter kraan is vir warm en koue water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa