Tuis Badkamers

Nog inspirasie

-

1

Dié swart gietysterb­ad staan dramaties uit voor ’n betowerend­e fokusmuur van teëls in die Marokkaans­e styl, terwyl metroteëls teen die ander mure en ’n kwartsvloe­r die ruimte volmaak afrond. Die buitekant van die bad is behandel met ’n roeswerend­e verf voor dit afgerond is met swart Hammerite-verf.

2

Vir ’n Marokkaans­e gevoel kan jy benewens teëls ook elemente van ruwe hout gebruik. Agter dié sierlike dubbeldeur skuil ’n gerieflike instapkas.

3

’n Eenvoudige spuit met ’n “roos” waar dit uit die muur kom, gekombinee­r met krane van vlekvrye staal en ’n spieël in ’n swart gebeitste houtraam – als van Moroccan Warehouse in Kaapstad – pas perfek by dié badkamer met sy geseëlde sementmure (Earthcote Pandomo in die kleur Amaglass van Paintsmith­s). ’n Marokkaans­e seepbakkie rond die prentjie perfek af.

 ??  ?? 1 23
1 23
 ??  ??
 ??  ?? KONTAKPain­tsmiths 021 447 0217/14, paintsmith­s.co.za Moroccan Warehouse 021 461 8318
KONTAKPain­tsmiths 021 447 0217/14, paintsmith­s.co.za Moroccan Warehouse 021 461 8318

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa