Tuis Badkamers

[V & A ]

met Marietha

-

IIn dié huis met sy eenvoudige, perfek vierkantig­e en simmetries­e uitleg (die eienaars vergelyk dit met ’n kind se onklaar tekening), gee kleurryke meubels en eksotiese troeteldie­re lewe aan elke hoekie.

Dis nommerpas vir Marietha en Keith Quixley, wat in 2013 van Observator­y na Plumstead getrek het waar hulle hul seun, Eddie (8), in ’n rustige buurt kan grootmaak. “Ons het begin deur mure uit te breek, matte uit te haal en die kombuis op te knap,” sê Marietha. “Dit was eers in Maart verlede jaar dat ons met die badkamer kon begin.”

Dit was die piepklein bad – net 40 liter water is nodig vir ’n gemaklike skuimsessi­e – wat die opknap aan die gang gesit het. Marietha het dit op Gumtree ontdek nadat die gastehuis op Jacobsbaai waar dit voorheen gebruik is, sy deure gesluit het. Keith het die pad gevat Weskus toe in sy stokou Daihatsu Rocky wat skaars 80 km/h kon haal. Nou pas dié bad perfek in hul knus badkamer.

Omdat daar ’n aparte toilet reg langsaan is, het die Quixleys besluit om die toilet in die badkamer uit te haal ter wille van meer ruimte. Die grootste konstruksi­e-uitgawes het gegaan aan ’n groter venster in ’n beter posisie en die vervanging van die groot ou bad en die stort.

Die eindresult­aat spreek vanself: Jy hoef nie styl in te boet as jou ruimte én begroting knap is nie – vindingryk­heid en ’n helder palet is al die inspirasie wat jy nodig het!

Hoe het julle reggekom terwyl die bou- en

breekwerk aan die gang was? Ek het die pad gevat en by my pa gaan kuier, wat beteken my twee manne moes alleen al die harde werk doen! Die bouery het tydens die droogte plaasgevin­d, so ons het stortwater in ’n emmer opgevang en die toilet daarmee gespoel. Soms moes ons die kombuiswas­bak gebruik vir dinge soos hare was.

Waar kry jy inspirasie? Ek het jare gelede interieuro­ntwerp gestudeer en dit is iets waarin ek nou nog belang stel. Ek bedink gedurig nuwe idees en projekte.

Het jy enige wenke vir mense wat ook ’n badkamerpr­ojek wil aanpak? Die belangriks­te les wat ek geleer het, is om maar jou sak te skud vir ’n ordentlike bouer en loodgieter! Wat jou beplanning betref, begin by jou apploustre­kker; vir ons was dit die vloere. Daarna kon ons besluit op die res van die kleure.

Hoe het jy en jou man jul dekorstyle gekombinee­r? My man is ’n praktiese,

“Los dit vir my”-tipe ou. Ek het die ontwerp gedoen en sy werk was praktiese take soos rakke opsit, die stort installeer en die vensters insit.

Is daar enigiets wat julle anders sou doen? Geensins; ons het hier en daar ’n bietjie gesukkel, maar ons het die hele proses geniet.

Wat’s volgende? Die voortuin. Ek wil graag ’n waterwys tuin hê met inheemse grasse en vetplante; iets wat min onderhoud vra, mooi lyk en verskillen­de hoogtes groei.

 ??  ?? Marietha het dié hake by haar suster gekry. Dit verskaf ekstra hangplek onder die sweefrakke – ’n blink plan vir wat andersins onbenutte ruimte sou wees. “Ek het lank gedroom van ’n nuwe badkamer omdat die oue in so ’n treurige toestand was,” sê Marietha.
Marietha het dié hake by haar suster gekry. Dit verskaf ekstra hangplek onder die sweefrakke – ’n blink plan vir wat andersins onbenutte ruimte sou wees. “Ek het lank gedroom van ’n nuwe badkamer omdat die oue in so ’n treurige toestand was,” sê Marietha.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Voor
Voor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa