Tuis Badkamers

[V&A]

Met Inez Wat geniet jy die meeste van jou nuwe badkamer? Ek hou van die vryheid van beweging – jy is nie ingeperk deur ’n stortdeur of trappies nie.

-

TToe Inez de Vries meer as ’n dekade gelede hoor haar suster se huis in Kuilsrivie­r is in die mark, het sy geweet met ’n bietjie harde werk sou dié lelike eendjie die pragtigste swaan word. Sy het die uitdaging aanvaar en die huis in 2008 gekoop, met tonne idees oor hoe sy die ruimte tot sy reg gaan laat kom.

Maar dit was ’n stadige proses. “Ek het jaar ná jaar, afhangend van my begroting, ’n projek probeer voltooi,” sê sy. “Dit was so ’n vervullend­e ervaring om die plek te verander presies soos ek dit wil hê. En dit het my ure lank deur ou uitgawes van Tuis laat blaai!”

Tot dusver het sy ’n stoep en braaikamer aangebou, die motorhuis in ’n gastekamer met ’n en suite-badkamer omskep, die hoofslaapk­amer opgeknap en nuwe vloere gelê. Sy het deur die hele huis aardse afwerkings soos sement en hout gekies om dit ’n tydlose gevoel te gee.

Haar jongste projek getuig dubbel en dwars van haar moed. Die badkamer is net 6 m² groot, en heeltemal te beknop. “Die bad was eintlik ’n mors van plek – ek het dit twee keer per jaar gebruik,” sê sy.

Die toegeboude stort was ook nie na haar smaak nie. Toe laat sy dit saam met die bad uitbreek en skuif die toilet, wasbak en stort só dat dit beter gebruik maak van die ruimte. Danksy die nuwe uitleg kon Inez haar droom bewaarheid: ’n oop stort met ’n reënstortk­op!

’n Mens kan nooit te veel vrae vra nie. En as jy nie oortuig is van die antwoord nie, vra weer! – Inez

Watter raad het jy vir iemand wat hul eerste opknapproj­ek aanpak? Begin met kleiner projekte in en om die huis om te bepaal of jou loodgieter of bouer bevoeg is vir groter projekte.

Wat moet jy voor die tyd navors? Ken jou materiale – van die pype wat die loodgieter gaan gebruik tot die afwerking van die afvlaklaag wat jy wil hê. Nie alle afvlaklae is geskik vir ’n nat vertrek nie en sekeres moet verseël word. Maak seker jou hout kan aan water blootgeste­l word. Hout wat vir inlegwerk in die vloer gebruik word, moet minstens 50 mm dik wees, anders kan dit skeeftrek. Hoe het jy van begin tot einde ’n projek doeltreffe­nd bestuur sonder die hulp van ’n kontrakteu­r? Reël vooraf ’n vergaderin­g met al die betrokkene­s sodat elkeen presies weet waarvoor hulle verantwoor­delik is. Maak tekeninge met akkurate mate. Onthou, soms sal jy ’n antwoord kry wat gerieflik vir die kontrakteu­r is, maar nie vir jou nie. Raadpleeg iemand in die bedryf om seker te maak jy word nie ingeloop nie.

Hoe kry jy die beste produkte?

Ek kyk aanlyn en vergelyk pryse; ek lees ook altyd resensies voor ek koop.

Enige ander wenke? Maak seker die kontrakteu­rs beskadig niks anders terwyl hulle werk nie. Ek het byvoorbeel­d goedkoop komberse gekoop om die vloere in die res van die huis te beskerm.

 ??  ?? Voor
Voor
 ??  ??
 ??  ?? Inez de Vries Voor
Inez de Vries Voor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa