VAN BINNE NA buite
#1 Koel kalant
Die argitek Jacques Grobler het ’n huis in Ballito aan KwaZuluNatal se noordkus ontwerp wat nommerpas is vir ’n buitelugleefstyl. Buiten vensters van die vloer tot die plafon deur die hele huis het hy ook ’n buitestort bygevoeg wat perfek inskakel by die binnestort in die hoofslaapkamer se en suite.
Die binnehof wat hy ontwerp het, is net so groot soos die badkamer. En met ’n groot glasskuifdeur tussenin voel dit kompleet asof jy buite stort, al is jy binne! Dis net reg vir KwaZuluNatal se soel klimaat.
Bring jou reinigingsritueel nader aan die natuur met ’n binnebuitebadkamer.