Tuis Badkamers

Nog sementinsp­irasie

-

1

Dié sement-en-glas-wasbak in Johan en Rika van Zyl se huis in Bloemfonte­in is ’n treffer! Die oppervlak het ’n betonlatei aan die voorkant en ’n yster-raamwerk daaragter. Hierop is ’n betonblad skuins gegiet, wat toe met glas bedek is. Die water vloei oor die glas na ’n geutbak aan die agterkant, wat na die afvoerpyp lei. Coprox se Masonry Waterproof­ing in die kleur Light Grey, waarmee die wasbak geverf is, is agterna geseël met Coprox Wall & Floor Clear Sealer.

2

Cemcrete-produkte is immergewil­d, soos in dié badkamer in Sandton. Dis ’n wonderlike alternatie­f vir teëls, voel sag as jy daaraan vat en is maklik om skoon te maak.

3

Dié “naatlose” wasbak is vooraf laat giet by Vibraneat, en toe op baksteenmu­urtjies staangemaa­k en vasgemesse­l. Die mure bo die wasbak is grof gelaat, wat saam met die eenvoudige spuit van koperpyp en bypassende koperkrane aan dié ruimte ’n industriël­e gevoel gee. Die goue spieëlraam, staanspieë­l, skinkbord en seepbakkie verleen weer elegansie. >>

 ??  ?? 1 WasbakrakC­oprox Masonry Waterproof­ing in die kleur Light Grey
1 WasbakrakC­oprox Masonry Waterproof­ing in die kleur Light Grey
 ??  ?? 2 Teen die mure Cemcrete SatinCrete in die kleur Beach Sand Op die vloer Cemcrete CreteCote in die kleur Tan
2 Teen die mure Cemcrete SatinCrete in die kleur Beach Sand Op die vloer Cemcrete CreteCote in die kleur Tan
 ??  ?? 3 KONTAKTE Cemcrete 011 474 2415, cemcrete.co.za Coprox 021 556 0460, coprox.com Vibraneat 082 556 8697
3 KONTAKTE Cemcrete 011 474 2415, cemcrete.co.za Coprox 021 556 0460, coprox.com Vibraneat 082 556 8697

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa