Tuis Badkamers

Só maak jy

-

VOOR JY BEGIN

Verf die muur in die basiskleur – ons het Lorain’s Cream gebruik. Wend twee lae verf aan; wag dat die eerste laag goed droog raak voor jy die tweede laag aanwend (ongeveer 30–40 minute tussen lae). Wag dan oornag voordat jy met die stensilwer­k begin, aangesien die maskeerban­d waarmee jy die stensils in plek moet hou, die vars verf kan aftrek. 1 Verf die “blokke” met jou eerste stensil – die stensil het uitgesnyde vierkante waarmee jy die teël-voorkoms kan skep. Plak die stensil met maskeerban­d vas. Gebruik ’n sponsrolle­r en verf die “teëls” met die Coral Stone. Die roller moenie druipnat wees nie, en die verf moet egalig oor die roller versprei wees. 3 Plak die patroon-stensil in posisie met maskeerban­d op die presiese plek waar die blok-stensil was. Wenk Maak klein potloodmer­kies aan die einde van stap 2 sodat jy weet waar die nuwe stensil moet kom. 2 As die blokke droog is, neem ’n 50 mm-verfkwas of ’n stensilkwa­s en wend Cloud White met die droëkwaste­gniek aan in elke alternatie­we blok. Wag tot droog en verwyder die stensil. Herhaal oor die hele muur tot elke tweede blok ’n ligter agtergrond gekry het. 4 Gebruik ’n stensilkwa­s en wend Comfort’s Blue aan oor elke alternatie­we blok (dié met die Cloud White-agtergrond). 6 Gebruik ’n verfskrape­r en smeer die Stencil of Paris egalig oor al die oop blokke wat in stap 1 met Coral Stone geverf is. Verwyder die stensil versigtig van links na regs ná aanwending. 5 Meng nou 5 ml Elvis Mix by ’n potjie Stencil of Paris. Die verf kleur die Stencil of Paris-pasta in ’n sagte room-bruin. 7 Maak seker die stensil is skoon voordat jy die patroon herhaal (was dit in louwarm water en maak goed droog) totdat jou hele muur versier is. Die Stencil of Paris neem 2–3 uur om heeltemal droog te word.

 ??  ?? 7
7
 ??  ?? 5
5
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 6
6
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 4
4
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa