Tuis Badkamers

#14

-

AAN DIE HAAK

Handdoeke kan kleur en tekstuur aan jou badkamer verleen. Pas jou keuses aan volgens die seisoen en maak seker jy kies een wat luuks én prakties is. In die winter voel ’n dik, snoesige handdoek dalk hemels, maar dit neem baie plek op oor die reling en word nie gou droog nie; daarenteen gebruik ’n veelsydige, dunner katoenhand­doek minder water in die was en is tuis in die badkamer, langs die swembad én by die strand.

Die Itawuli-handdoek van suiwer katoen van Mungo (R250–R655) het ’n platgeweef­de ontwerp sodat dit lekker knus kan opvou – perfek vir jou reissak! Die ontwerp is geïnspiree­r deur die Afrika-landskap met interessan­te patrone en warm kleure.

 ??  ?? Gehalte met ’n gewete raak nooit uit die mode nie. – Dax Holding, direkteur van Mungo
Gehalte met ’n gewete raak nooit uit die mode nie. – Dax Holding, direkteur van Mungo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa