Tuis Opknap

... met ’n tussenvloe­r

-

Wanneer jy ’n tussenvloe­r bou, raadpleeg ’n struktuuri­ngenieur wat sal seker maak die nuwe vloer is veilig en sterk genoeg vir die gewig wat dit moet dra. Wilna, Gerrit en Jaco het die volgende proses gevolg:

• Twee openinge is in die mure oorkant mekaar gemaak vir die installeri­ng van die I-balk waarop die vloer rus.

• In die muur wat parallel loop met die I-balk is gate vir die dwarsbalke gemaak. Die gate is afgewissel met hangboute sodat die ou skuurmuur nie te veel verswak sou word nie, veral bo die vensters.

• Die dwarsbalke is sowat 40 cm uitmekaar gespasieer en pas in die gate of hangboute aan die een kant, en rus op die I-balk aan die ander kant. Wilna sê die dwarsbalke kan verder as 40 cm uitmekaar wees, maar sy wou doodseker maak die tussenvloe­r is veilig. Alle openinge is hierna toegemesse­l.

• Die vloerplank­e wat bo-oor die dwarsbalke gelê is, is een vir een gesaag en laat pas omdat die stoor se mure krom is. Die planke is parallel met die I-balk gepak en met spykers aan die houtbalke vasgekap.

• Bo-op die I-balk is vierkantig­e staalpype van 50 mm x 50 mm x 1 m vasgesweis – vier in totaal.

• Ou bloekompla­nke van die plaas is vir die relings gebruik en is dieselfde kleur as die staal geverf. Dié hout is baie sterk en is met draadsnysk­roewe aan die staalpilar­e vasgesit.

• opgesitDie trapis enis gebouis rondgeskui­fvoordat die totdat relingsdit op die regte plek was. Jaco en Wilna wou dit aanvanklik aan die linkerkant van die tussenvloe­r installeer, maar omdat die dak aan die kante so laag is, het hulle heeltyd hul koppe gestamp – die middel van die vloer was die enigste opsie! >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa