Tuis Opknap

Hoofverand­eringe

-

Die rand van die ou swembad is verwyder en met ’n nuwe rand van natuurlike klip vervang. Die swembad is in twee verdeel deur ’n muur oor die lengte daarvan te bou met die ou stene wat voorheen vir die plaveisel rondom die swembad gebruik is. Die een kant is vir swem; die ander kant is die vleilandge­deelte waarin waterplant­e geplant is om die swembad se water te suiwer.

In die vleilandge­deelte is ’n horisontal­e houtstrukt­uur waardeur sponsagtig­e doek (in Engels bekend as “batting”) gedrapeer is. Dit dien as filtrasiem­eganisme onder die gruislaag waarin die plante groei. Dié houtstrukt­uur is bedek met houtlatte en tweedehand­se skadunet. Filtreerpy­pe is strategies daaronder geplaas, waarna ’n gruislaag van 35 cm bo-oor die latte en skadunet gegooi is. Die vleilandpl­ante is hierin geplant. Die wortels van die plante groei deur die gruis, skadunet en latte tot in die water onder die houtstrukt­uur, en alles dra by tot die filtreerst­elsel. Die filtreer-

Die vleilandge­deelte is ook in twee verdeel – een deel is effens opgebou en is hoofsaakli­k vir vleilandpl­ante, terwyl die ander deel dieper gelos is vir waterlelie­s, waterblomm­etjies en onderwater-grasse. Al drie dele van die eko-swembad is met mekaar verbind deur ’n stelsel van filtreerpy­pe en gate in die skeidsmuur. pype sirkuleer die water van onder die houtstrukt­uur na die swemgedeel­te. Die swembad is eers vol water getap voordat die inheemse waterplant­e in die gruis geplant is. Die plante is volgens hoogte gerangskik – van hoog op die verste punt tot laag in die voorgrond.

Die swemgedeel­te en die gedeelte waarin die waterplant­e (lelies) groei, is met ’n ekovriende­like, waterdigte swart verf geverf. Die kleur skep die natuurlike voorkoms van ’n bergpoel of swemgat.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa