Tuis Opknap

Die lekkerste lekker

-

Marelize Strydom van Newcastle skryf Ek het altyd gedink huiskoop is lekker, maar om jou huis so te verander dat dit jou en jou gesin se persoonlik­heid uitbeeld, is net soveel lekkerder!

So kom ons hoofbadkam­er aan die beurt, en my beplanning is gedoen – tot elke dekorstuk op sy plek. My man, Mark, begin met die voorbereid­ing: Hy breek uit, maak skoon, sweis en bou die nuwe buitedeur, en bou self die buitestort­muur (met klippe wat ons in die berg gaan optel het). Pa en ’n helper pleister die mure en gooi die sementvloe­r. En natuurlik wil Pa se dogter die lewe vir hom ingewikkel­d maak: Ek besluit op ’n patroon wat ek sommer self op die vloer teken.

Ons sit die vensters in, seël die mure en die vloer. Manlief haal die plafon uit, want ek wil die sinkdak sien. Hy installeer die pype, die bad, die wasbak, die stort. Ek verf die blertse (natuurlik nie goed genoeg na Pa se bouersoog nie). Ek doen die laaste mooimaak met my goete en ta-da! Ons badkamer is klaar ná een maand se swoeg en sweet. En ek tick nog een van vele projekte af ...

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa