Tuis Opknap

Spring in!

-

Nadat Francois en Ruth Roos by hul kleinhoewe op Hartenbos ingetrek het, het hulle ’n onooglike gat aan die voorkant van die eiendom ontdek. Dit was die gat vir ’n trampolien wat later stortplek vir bourommel geword het. Hulle het gewonder of hulle die gat moet vul, maar toe die blink idee gekry om ’n swembad daarin te bou. Hulle het die rommel verwyder, die fondament gelê, die sye met bakstene versterk, gepleister en met glasvesel uitgevoer. Laastens het hulle die nodige pypwerk en filter geïnstalle­er. “In die somer braai, lees, sonbaai en swem ons nou te lekker langs die swembad,” sê Francois.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa