Tuis Opknap

Oud en verwaarloo­s

-

Sodra Iris geweet het die verkopers is gelukkig met haar aanbod, kon sy en haar man, Micardo, ’n afspraak maak om die eiendom te besigtig. “Ons kon dan besluit of ons regtig seker was oor die kopie,” sê Iris. Sy was dol oor die eiendom, maar Micardo was glad nie oortuig nie.

“Hy het onomwonde gesê hy sou nooit instem om die eiendom te koop nie – laat staan nog daar woon!” onthou sy. “Die huis was donker, sonder enige persoonlik­heid of styl; dit was oudmodies en het baie aandag gevra. Die vertrekke was knap en die kombuis het net ’n enkele kas en wasbak gehad.” Maar Iris het ’n visie gehad en het haar hart op die agterplaas verloor.

“Ek moes heelwat by Micardo pleit, maar hy het later ingestem om te teken. Omdat ek geweet het die vorige aanbod was net R960 000, het ek myne tot R1 miljoen verlaag omdat die huis so baie werk nodig gehad het. Die eienaars was gelukkig daarmee en daarna het die proses soos ’n gewone aankoop verloop,” verduideli­k Iris. “’n Oordragpro­kureur is aangestel, ons het die dokumente geteken, die deposito betaal, en binne ses weke was die ooreenkoms gesluit.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa