Tuis Opknap

Oop en ruim

-

Nadat die eiendom op hul naam geregistre­er is, het die Cupido’s die hulp van ’n argitek ingeroep om planne vir die veranderin­gs op te trek. Die oorspronkl­ike huis was 189 m² groot, maar hulle het meer ruimte nodig gehad; ’n nuwe garage en buitegebou is bygevoeg. Binne is mure uitgebreek om vloei te verbeter en die kombuis groter te maak. Die buite-area is ook vergroot.

Ander groot veranderin­ge sluit nuwe loodgieter­swerk, bedrading vir die hele huis en nuwe plafonne in. Ook maar goed, want hulle het twee indrukwekk­ende slangvelle ontdek toe hulle die ou plafonne verwyder!

Op die ou end is die huis se grootte verdubbel – en dít sonder die hulp van profession­ele bouers. “Ek het al heelparty opknapproj­ekte in vier huise voltooi, so ek het eerstehand­se ervaring van die bestuur van ’n bouprojek,” sê Iris. Met die hulp van ’n messelaar en assistent kon hulle al die bouwerk self doen. “Dit was baie kostedoelt­reffend en die mure het binne twee weke gestaan,” voeg sy by.

Maar die installeri­ng van die vensters, dak, pypwerk en elektriese bedrading was ’n ander saak. “Vir dié deel het ek hulp gekry; jy kan eenvoudig nie kortpad daarmee kies nie!” sê Iris. >>

{Die Cupido’s het onlangs hul huis laat waardeer: Dis nou R2,5 miljoen werd – R1,5 miljoen meer ná die opknapproj­ek van R250 000.}

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa