Tuis Opknap

Wil jy aanlyn koop? Vra die kenners! Gert van der Walt van Myroof.co.za verduideli­k die proses:

Webtuistes soos Myroof.co.za verkoop ’n verskeiden­heid eiendomme op verskillen­de maniere: party deur ’n aanlynpros­es wat aan die verbruiker­swet voldoen (hoofsaakli­k teruggenee­mde eiendomme) en ander deur die standaardt­enderprose­s (beslaglegg­ings, eiendomm

-

Jy word op hoogte gehou van eiendomme in areas waarin jy belangstel, en kan aanlyn daarop bie. Soos met enige eiendomstr­ansaksie is die kontrak eers geldig wanneer albei partye dit geteken het.

Jy kan enige eiendom besigtig voordat jy ’n aanbod maak.

Met Myroof.co.za kan jy ’n reserweaan­bod (“Backup Offers”) maak. As die betrokke eiendom al ’n aanvaarde aanbod het (dit sal “In Transactio­n” gemerk wees), kan jy ’n reserwe-aandbod maak wat minder of meer as die huidige aanbod kan wees. As die huidige aanbod om watter rede ook al deur die mat val (gewoonlik weens gebrek aan finansieri­ng), sal jou aanbod oorweeg word.

Sodra die koper se aanbod aanvaar is, sal Myroof.co.za die koper vra om die koopaanbod eerste te teken. Daarna sal die verkoper die dokument teken, wat dan ’ n bindende kontrak vorm.

Wanneer die kliënt die getekende koopaanbod ontvang, begin hul finansieri­ngstydperk amptelik.

Die normale fooie is dieselfde as vir enige standaard-eiendomstr­ansaksie via ’n veiling of tenderpros­es. Myroof.co.za vra tussen 0% en 4% kommissie (vergeleke met die gewone 6–10%).

Die koper het dan 14 dae om hul finale finansieri­ng te kry, of 45 dae om ’n waarborg te verskaf as hulle kontant betaal (dié tydsaandui­dings wissel na gelang van die soort eiendom wat gekoop word). Sodra die volle koopbedrag versekuree­r is, kan die registrasi­e van die eiendom begin; dis die laaste stap voor jy ’n huiseienaa­r word.

Kopers kan ’n aanbod maak onderworpe aan die verkoop van hul eie eiendom indien die verkoper daartoe instem; dit geld nie in die geval van bankterugg­eneemde eiendomme nie.

NB

Iris beskryf die styl van die huis as rustig en sonder fieterjasi­es. “Daar is niks gekunsteld­s aan enigiets in my huis nie; die mense wat hier woon en kuier is vir my kosbaar. My broers- en susterskin­ders is dol oor Tannie Iris se huis, want hulle weet daar is altyd lekker gebakte lekkernye en kos, en hulle kan lekker ontspan; hulle hoef nooit bang te wees om enigiets te breek nie. Enigiets kan vervang word.

Iris koop graag ou meubels, skuur dit af en verf dit met wit hoëglansve­rf vir ’n meer kontemporê­re voorkoms. “Ek spandeer seker drie naweke elke maand aan opknap en verf en nuwe nut vir ougoed kry,” vertel Iris laggend.

“Ek hou daarvan om ougoed oor te maak met ’n kontemporê­re voorkoms, maar altyd met ’n tikkie plaas om my aan my erfenis te herinner. Ek het selfs Afrikaanse lap op die stoele se rugleuning­s gebruik vir manlief.” Wat kleurskema­s betref, is sy mal oor grys; in die sitkamer kombineer sy dit met lemmetjieg­roen, en wit en chartreuse in die gastekamer. >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa