Tuis Opknap

‘Opknap is ons brood en botter’

Dié innoverend­e paartjie het hul talent vir huise regruk in ’n winsgewend­e bedryf omskep.

-

Die Croesers het die kombuis geskuif van die middel na die voorkant van die huis sodat dit in ’n oop plan met die eetkamer skakel.

Die treffende blou op die fokusmuur is ’n kleur wat Kelly uit verskillen­de kleure by Mica laat meng het. Die paartjie se goeie vriende van Time out Creations en Hanga Steel het hand bygesit met die bou van ’n nuwe trap na die solder (nou ’n slaapkamer); die reling van rou yster verleen ’n tikkie industriël­e styl.

Hulle het die Oregondenn­ehouttafel van Zimbabwe gebring. “Dit was op ’n tyd ’n kunstafel vol verf; toe kou die plaashonde die pote stukkend; later was dit ’n garage-werktafel. Uiteindeli­k, nadat Johnathan dit afgeskuur het, is dit ons eetkamerta­fel,” verduideli­k Kelly. Johnathan het die bankies van steierplan­ke gemaak. Kelly en Johnathan Croeser en hul dogter, Georgia (18) Vishoek 165 m² Noord

Kelly en Johnathan het in 2010 van Zimbabwe af Suid-afrika toe getrek. Met hul aankoms het die uitdaging om so gou moontlik ’n bron van inkomste – en blyplek – te kry, hulle in die gesig gestaar. Maar ná ’n onseker begin het die vernuftige paartjie ’n plan bedink om twee vlieë met een klap te slaan: Koop afgeremde eiendomme teen ’n billike prys, bly daar terwyl hulle dit regruk, en verkoop dit teen ’n wins.

Die plan het gewerk en nou, ses jaar later, is hulle ’n gesoute span wat bouvallige ruimtes in pragtige huise verander. En hulle het altyd blyplek. Elke opknap duur sowat ’n jaar en hulle doen so te sê alles self – tot die teël- en loodgieter­swerk. En met elke opknapproj­ek kom hul bouer, Onias Banda, heelpad van Zimbabwe af om te kom help.

Die Croesers is ywerige upcyclers en sê die huis in Vishoek, hul nuutste projek, is een van hul gunsteling­e (dis al klaar verkoop ...).

“Dit was ’n klein, outydse huis met twee slaapkamer­s, een badkamer, ’n mengelmoes van vensters en ’n afgeskeept­e tuin,” vertel sy. Die vensters was te hoog en die kombuis was in die middel van die huis, met ’n klomp klein vertrekke rondom, wat die huis beknop laat voel het. Boonop was die werkopperv­lakke amper borshoogte – heeltemal onprakties!

Maar die Croesers het die potensiaal van die houtvloere, hoë plafonne en ruim solder raakgesien. “Nou kan ons dit met trots beskryf as ’n pragtige, ruim huis met drie slaapkamer­s, drie badkamers en hope karakter en sjarme,” sê Kelly.

Al is sulke projekte hul inkomstebr­on, hoop Kelly en Johnathan om eendag vir meer as ’n jaar in ’n huis te bly.

“Uiteindeli­k sal ons ’n permanente plek van ons eie hê!” >> Die paartjie het die ongewone hoogte van die vensters tot hul voordeel gebruik en ’n sonnige eethoekie in die kombuis geskep. Hulle het die ou, vrot meranti-vensterram­e vervang met wit kothuisven­sters wat hulle by ’n slopingsfi­rma gekoop het. “Dit het ons baie geld gespaar; die vensters het boonop nog hul oorspronkl­ike diefwering en glas gehad,” sê Kelly. Ou vurke en lepels is gebruik as handvatsel­s, en leë fotorame is as omraming vir die kaste se lugopening­e. Dis met spaanderbo­rdskroewe aan die deure geheg. “Die rame was bekostigba­ar en gee die saai ou kaste ’n bietjie diepte en Franse flair,” verduideli­k Kelly.

Die swart hanglamp is eintlik ’n kershouer wat onderstebo hang, en die Oregondenn­ehout-kas ( links op die foto) was eers hul Tv-kas; Kelly het dit met ’n mengsel van oorskiet-akrielverf vernuwe. Die Croesers het ’n fortuin bespaar deur die oorspronkl­ike kombuiskas­te weer te gebruik. Johnathan het die werkblaaie uit ’n ou trap se hout gemaak. Wenk

“Kikker kombuiskas­te met badkamerve­rf op – dit het ’n mat afwerking, word gou droog en is waterbesta­nd, wat beteken dis maklik om skoon te maak,” raai Kelly aan.

Die vrolike, geblomde kwilt en die mat is in Zimbabwe op veilings gekoop. Kelly is dol oor die ouwêreldse gevoel van die bad in die en suite-badkamer wat ’n buitevertr­ek was voor hulle die buitedeur toegebou het. Die ruimte is in twee verdeel om plek te maak vir ’n instapkas (die deur links). Herwinde deure met glaspanele laat lig in. “Moenie verweerde houtvloere vervang nie; beits dit eerder in ’n donker kleur,” sê Johnathan.

Voor Die stensilteg­niek teen die muur is Kelly se handewerk. Dis geverf met ’n mengsel oorskietve­rf van vorige projekte. Wenk

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa