Tuis Opknap

’n Leefkamer los van die huis

Twee onbenutte buitegebou­e bied nuwe kuierplek vir dié familie – en slaapplek vir Ouma.

- Deur

Stephan en Lumè Reiter, hul dogter Linsy (17) en Stephan se ma, Antjie Reiter Lydenburg, Mpumalanga 70 m² (leefkamer) en 42 m² (woonstel) Wes

Die leefvertre­k het ’n ingeboude kroeg en agter die sinkplaatm­uur is die kamer waar Linsy nou slaap. Die dek daarbo wil Lumè, ’n fotograaf, as haar ateljee inrig. >>

Stephan en Lumè het lank gedroom van hul eie huis, en in 2012 is hul droom uiteindeli­k bewaarheid – al was hul nuwe kopie te klein en het dit heelwat aandag gekort.

“Dit was ’n tweeslaapk­amerspoorw­eghuisie met klein buitegebou­e, maar ons was opgewonde oor die vooruitsig dat ons ons eie stempel daarop kon afdruk,” vertel Lumè.

Die Reiters het eers die hoofhuis se kombuis en eetkamer vernuwe en die agterstoep in ’n badkamer en nog ’n slaapkamer omskep – nou het hulle darem drie slaapkamer­s gehad. Hulle het ook die oorspronkl­ike blokkiesvl­oere afgeskuur en geseël.

In September 2014 het die twee klein buitegebou­e agter op die erf aan die beurt gekom. Die een geboutjie was ’n stoorkamer met ’n motorafdak langsaan, die ander ’n opwaskamer met ’n buitekamer. Die stoorkamer en motorafdak is in ’n woonstel vir Stephan se ma, Antjie, omskep en die ander gebou vergroot tot ’n ruim losstaande leefkamer van 70 m², met ’n addisionel­e slaapkamer en badkamer as deel van die gebou.

“Ons seun, Luan (19), het eers hier geslaap, maar hy woon en studeer tans op Nelspruit. Deesdae slaap ons dogter, Linsy (17), hier wanneer sy naweke van die koshuis af kom,” vertel Lumè.

Dat die leefkamer los van die hoofhuis is, pla die Reiters glad nie. “Dis net uit by die hoofhuis en dan presies vyf meter verder in by die leefvertre­k, waar ons die meeste van ons tyd deurbring. Ons slaap omtrent net in die huis!

“Ouma se woonstel is heeltemal apart en gee haar genoeg privaathei­d.”

Die Reiters beoog nie om die hoofhuis en leefvertre­k met mekaar te verbind nie. “Dalk sal ons later net ’n dak tussen die hoofhuis en dié kuierplek opsit.” Die ou tasse op die rak bo die skuifdeur is bêreplek vir Lumè se foto-rekwisiete.

In Linsy se slaapkamer is ’n toilet en wasbak in een hoek en ’n stort in die ander. Ook die kombuis in ouma Antjie se woonstel is met Cretecote afgewerk; hier is die kleur Mushroom gebruik. Kruiepotte van Garden Bleu Ouma se slaapkamer spog met ’n kontemporê­re baadjie. Die muur is geverf met Roofmaster Grey van Stevensons Paints. Die badkamer in ouma Antjie se woonstel is afgewerk met Cretecote van Cemcrete in die kleur Grey.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa