Tuis Opknap

Uit hul notaboek V&A met Lumè

Laat ywerige vriende en familie gerus hand bysit en ’n bydrae maak.

- Deur

Deur soveel as wat ons kan, soos die verfwerk en seël van sementvloe­re, self te doen. My swaer, Friedl Reiter, is ’n elektrisië­n en het al die elektriese werk kosteloos vir ons gedoen. Waar het jy jou idees gekry? Van tydskrifte en dekorwinke­ls tot pandjieswi­nkels, koffiewink­els en restaurant­e. Enige ander wenke vir opknappers? Gebruik jou eie idees. Elkeen van ons is uniek en kan ’n bydrae maak tot so ’n projek. Wat geniet jy die meeste van die eindproduk? Ons leefarea is ’n heerlik sonnige ruimte en ’n lekker gesellige bymekaarko­mplek, veral naweke wanneer die kinders huis toe kom.

Ek wil graag ’n stensil op die leefarea se vloer verf; en ons wil die dakpanele wit verf en die balke seël. ’n Vriend van die Reiters, Roedolf Venter, het die trappe na die dek gebou; Stephan en Lumé het self die staalplate (regs) bo-op vasgesit vir detail. Die mure en vloere is gewone sement wat met ’n deursigtig­e Colour Hardener Sealer van Cemcrete geseël is.

In die knap ruimte was dit ’n uitdaging om die proporsies net reg te kry – elke detail en aankoop is versigtig oorweeg. Omdat hulle amper alles self gedoen het, het hulle baie gespaar en kon hulle die perfekte kafeestoel­e koop.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa