Tuis Opknap

Ons eie tuiskafee

Louise en Salvelio kuier dolgraag in oulike eetplekke, toe rig hulle een in hul huis in.

-

Kim Arendse • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Marian Van Wyk Louise Liebenberg, Salvelio Meyer en hul katte, Mila en Lorca Port Elizabeth 10 m²

Hulle hou van onthaal, in kafees kuier en die Spaanse regisseur Pedro Almodóvar se kleurryke flieks. Toe die geleenthei­d hom dus voordoen, het Louise en Salvelio besluit om ’n beknopte deurgang na hul stoep in ’n gesellige kafeetjie in die Spaanse styl te omskep.

Die projek het vyf maande geneem, en buiten die plafon met die gesonke ligte (daarvoor was ’n elektrisië­n se hulp nodig) en ’n paar kussings wat ’n vriendin gemaak het, was als hul eie handewerk.

“Dit het gehelp dat ons ’n duidelike visie gehad het van wat ons wou hê,” sê Louise, ’n artikelred­akteur by ’n plaaslike koerant. “Gelukkig is Salvelio ’n ywerige selfdoener – en ek ’n gewillige handlanger!”

Salvelio, ’n videograaf, het voorheen die sementvloe­r gelê met net ’n paar sakke sement, goedkoop houtplanke, beits en vernis. “Ons vriende het gesê dit sou nooit werk nie, maar die eindproduk het fantasties gelyk, én dit verweer besonder goed,” voeg Louise by.

Die paartjie sê dit was ’n lekker projek vir hulle om saam aan te pak – en hulle kon ’n onderbenut­te deel van hul huis verander in ’n lekker kuierplek wat hulle nou gereeld gebruik. Hulle het dit Café Milorca genoem – na hul twee katte, Mila en Lorca!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa