Tuis Opknap

Met Christiaan

V&A

-

Wat is jul beste geldspaarw­enke? Herwinde materiaal het ons telkemale verras. Dit is goedkoop en as dit eers skoongemaa­k en afgeskuur is, het dit ongeloofli­ke karakter. Met palethout moet jy wel bietjie meer kreatief wees; en dis moeite om eers al die planke los te maak. Wat sal jy volgende keer anders doen? Ek sal seker maak dat die dak van die begin af hoog genoeg is sodat ek dit nie weer agterna hoef te lig nie! Ek sal ook meer geld en tyd spandeer aan beter isolasie, want dit raak baie warm in die somer. Waar het jy jou idees gekry? Ek kyk sommer rondom my wat ek kan gebruik – soos die skryfbord vir die werkvlakke in die kombuis. Wat geniet jy die meeste van die voltooide projek? Om die reaksie te sien van almal wat na die woonstel kom kyk. Mense sê ons is geseënd met kreatiwite­it. Dit spoor ons aan om ’n tuiste te skep wat anders en uniek is. Wat is volgende? Ek wil ’n ou plaasdam op die erf omskep in nog ’n woonstel. Daarna wil ons ’n ou skeepsvrag­houer koop en in studenteve­rblyf omskep. Ons begin volgende jaar ook met ’n meubelreek­s. Die muur tussen die twee vertrekke onder is uitgehaal om ’n oopplanlee­fruimte te skep.

Die bouproses

Christiaan het die bed van ou palette gemaak, met boeke pleks van pote om dit te stut. Die duvetsloop is Marinda se handewerk – sy het die lap by Habby & Lace in Vereenigin­g gekoop.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa