Tuis Opknap

Hout-werkblaaie

Is Skandi-sjiek Danksy wit MDF gemeng met duursame eikehout is die Schneeberg­ers se kombuis vars en lig.

-

Frieda le Roux • Foto’s Peter Rimell en verskaf Stilering Marian van Wyk

Nie net die werkblaaie is van eikehout nie, van die laaie is ook van dié duursame hout gemaak – ’n treffende kontras met die wit Mdf-panele. Werner en Tanja Schneeberg­er en hul kinders, Emma (5) en Sybil (4) Kaapstad

18 m²

Dis nie die eerste keer dat Werner en Tanja ’n regrukproj­ek aanpak nie. Sewe jaar terug het dié twee ’n hele huis in Engeland van voor tot agter opgeknap. Waar Werner die kap- en bouwerk gedoen het, het Tanja afgeskuur, aangedra en geverf.

In 2014 het hulle teruggekee­r Suid-afrika toe, en hier huis gekoop – weer ’n opknapper se droom. Maar dié keer het hulle ’n kompromie aangegaan: Werner sou die kombuis op sy eie regruk, maar die res van die huis moes deur ’n kontrakteu­r onder hande geneem word. Hiervoor het hulle die hulp van Darling Homes ingeroep.

“Die vorige ronde was leersaam, lekker en opwindend, maar sedertdien het die kinders bygekom. Dié slag sou ons ook spoed en gerief in ag moes neem,” verduideli­k Tanja.

Die kontrakteu­r het weliswaar hand bygesit met die nuwe vensterram­e en suigwaaier in die kombuis, maar die res was Werner se handewerk: Hy het die blaaie, die koffiestas­ie se kaste en die spatpanele en -skopplate gemaak, alles van eikehout.

“Hy was ook verantwoor­delik vir die bou en insit van die laaie, gemaak van wit MDF. Hy het alles self gedoen – drie maande se werk, maar die moeite werd!” vertel Tanja trots.

Werner, ’n ingenieur, het nog altyd in houtwerk en meubelontw­erp belang gestel. Sy broer, Heinrich, het ’n ondernemin­g wat kaste bou en instandhou­ding doen (Hands on Homes), en dit was sy werk om die nuwe karkasse te installeer.

Tanja vertel dat hulle aanvanklik Caesarston­e-werkblaaie oorweeg het, maar dit sou te duur wees. Dis toe dat hulle besluit het op houtblaaie, wat Werner self kon maak. Hulle het eikehout gekies – nie net omdat dit ’n hardehout is nie, maar dis ook relatief bekostigba­ar en maklik verkrygbaa­r. Vir ekstra beskerming is die blaaie met drie lae Woodoc 30 behandel.

Die kombuis pas by hul styl, wat Tanja beskryf as “eenvoudig, maar met ’n duidelike belangstel­ling in die Skandinawi­ese manier van doen”. Daarom ook die kombinasie van wit panele en eikehoutbl­aaie. >>

In die week is Werner die kok, maar naweke hou Tanja daarvan om nuwe resepte uit te toets. “Ons hou van Mediterree­nse kos, vars kruie en enigiets deur Jamie Oliver!” Pot van Le Creuset; groen bekers en groen bakkies van MRP Home

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa