Tuis Opknap

Met Tanja en Werner

V&A

-

Vanwaar die inspirasie vir jul kombuis? Die huis se palet (skakerings van wit en grys, met eenvoudige meubels van ligte beuke-, essen- en eikehout) laat natuurlike lig in die huis in en skep ’n rustige atmosfeer. Die kombuis was ’n voortsetti­ng hiervan. Jul kombuis lyk baie Skandinawi­es. Was dit doelbewus? En is dit relevant in die Suid-afrikaanse klimaat? Dit was nie doelbewus nie, maar eenvoud en funksional­iteit is vir ons baie belangrik. Onthou darem ook dat die Mediterree­nse argitektuu­r – dink byvoorbeel­d aan Griekeland – ook baie op wit staatmaak, so dit pas ook goed in Suid-afrika. Gepraat van funksional­iteit – hoe het julle die uitleg beplan? Ons het begin met die driehoek-reël vir ’n doeltreffe­nde kombuis: Die meeste take in die kombuis wentel om die yskas, wasbak en stoof, wat gevolglik naby mekaar moet wees. Verdere oorwegings was hoeveel plek ons vir potte en panne, en kruidenier­sware nodig het, sodat ons die laai- en rakspasie teenoor mekaar kon opweeg. Ook om te dink aan hoe ons die kombuis wil gebruik, waar die speserylaa­i moet wees, plek vir ’n komposdrom; of ons om die stoof gaan kuier; waar ons gaan koffie maak en drankies skink. Is houtblaaie duursaam? En hoe het julle dit behandel? Ja, eikehout is hard en daarom redelik bestand teen impak en hitte; dit kan ook heelwat nattigheid verdra. Ons het die hout behandel met drie lae Woodoc 30, ’n seëlaar vir buitegebru­ik. Sover hou dit baie goed; enige onverskill­ige meskepe kan maklik uitgeskuur word indien nodig. Daar is talle ander houtsoorte wat ewe goed kan werk, soos kiaat, beukehout of selfs okkerneut as jou begroting dit toelaat. Enige wenke oor hoe om koste in toom te hou? Die enigste manier is om kwotasies te kry, ’n begroting op te stel en dan daarby te hou – anders kan dinge baie vinnig handuit ruk. Waarop spaar ’n mens nié? Goedkoop is duur koop! ’n Mens spaar nie deur goedkoper kontrakteu­rs te gebruik en dan weet hulle nie wat hulle doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa