Uit hul met Na­ta­sha en Ru­di no­ta­boek

Be­gin met klein pro­jek­te en hou die groot­ste en duur­ste werk vir laas­te ...

Tuis Opknap - - Kombuis -

Oop rak­ke is baie goed­ko­per as in­ge­bou­de kas­te. Dis ook meer kon­tem­po­rêr en kan mak­lik aan­ge­pas word. Wat sal jul­le vol­gen­de keer an­ders doen? Ons sal ’n bie­tjie meer op die meng­kra­ne be­stee; ons moes dié keer daar­op be­snoei.

Be­lê in kas­te van goeie ge­hal­te – dis die ek­stra geld werd, want jy kry pre­sies wat jy wil hê. Waar het jul­le jul i­dees ge­kry? Tyd­skrif­te en die in­ter­net; ons het ook ’n paar pro­fes­si­o­ne­le kom­buis­fir­mas ge­vra om plan­ne op te trek voor ons op ’n ont­werp be­sluit het. Wat ge­niet jul­le die mees­te van die nu­we kom­buis? Die a­par­te “sta­sies”: Na­ta­sha se ruim­te (die kof­fie­sta­sie), Ru­di se ruim­te (die kroeg­deel) en die ge­sa­ment­li­ke a­rea (die ei­land). Wat’s vol­gen­de? Die tuin! Tot nou toe het ons al ons geld op die huis se opknap be­stee ...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.