Tuis Opknap

‘Ons is dol oor ons braaikamer!’

Met ’n bietjie liefde – en heelwat spierkrag – is dié leefarea nou die middelpunt van die huis.

-

Dis in die detail

Dubbeldeur­e wat op die agterplaas oopmaak, laat lig by die vertrek instroom.

Dis in die detail

Klassieke wit hortjieven­sters van Plantation Shutters skep ’n vars voorkoms. Mat, rooi stoel, plekmatjie­s, broodmandj­ie, skinkbord, turkoois en groen glase en waterkraff­ie van MRP Home; kussings, tafeldoek, lantern en ysbalie van Woolworths; koper-kershouers en horlosie van @home

Dis in die detail

Dik, donker dwarslêers bo en onder die braai gee tekstuur.

’Maand voor hul troue in Desember 2015 het Daneel en Lydia die perfekte blyplek opgespoor. Die vorige eienaar het reeds met opknapping­s begin, maar die huis was nog ver van klaar en die twee het dadelik in alle ywer weggesprin­g.

Die braaikamer was bo-aan hul lys. “Braai is ’n belangrike deel van ons lewe,” sê Lydia. “Dis vir ons die beste manier om kos te berei en dis lekker om só te onthaal. Ons braai minstens een keer ’n week!”

Die eerste stap was om die muur tussen die braaikamer en leefarea uit te breek. Hoewel hulle nie skrik vir werk nie, was hul troue om die draai, en familie en vriende het tyd in hul besige feesrooste­rs afgestaan en kom hand bysit. “Hul hulp was goud werd,” sê Lydia. Van die nuwe plafon, vloerlyste, gesonke ligte en kroonlyste, tot die waterdigti­ng van die dak was uiteindeli­k spanwerk.

“Gelukkig staan my man se hande vir niks verkeerd nie,” sê Lydia.

“As daar iets is wat hy nie weet nie, raak dit vir hom ’n persoonlik­e uitdaging. Hy dink dalk nie so nie, maar hy is my held!

“Hy het die meeste werk self gedoen, en dit sluit die eetkamerta­fel in!” vertel sy.

Vandag het die braaikamer die “rustieke styl met ’n tikkie plaas” waarvan hulle nog altyd gedroom het.

Laat die vure brand!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa