Tuis Opknap

A new f loor ‘Met ons eie hande!’

For my stoep Vir die Arnolds was ’n regrukproj­ek ’n heel nuwe ervaring, en hier kon hulle na hartelus die kombuis en stoep inrig nes hulle dit wou hê.

- Deur By Photograph­s Styling Stilering Marian Van Wyk

Sharné en Luca Arnold Tesselaars­dal, Caledon 160 m2 Beatrice Moore-nöthnagel Elza Cooper Amanda van Wyngaardt

Sharné en Luca Arnold wou graag ’n leefstylve­randering hê – ’n kleiner huis, rustiger en eenvoudige­r lewe en stil omgewing weg van die stadsgedru­is van Port Elizabeth. Hulle moes soek, en was oop vir enige plek in die land.

Hulle het aanlyn navorsing gedoen en die rustige dorpie Tesselaars­dal in die Overberg-streek van die Wes-kaap ontdek. ’n Eiendomsag­ent het vir hulle vier eiendomme gewys – een was ’n 3 665 m2-erf met ’n stroompie wat daardeur vloei. Al was dit nie deel van die plan om ’n huis van nuuts af te bou nie, het hulle op die eiendom verlief geraak. En so het hulle die gejaagde lewe in Port Elizabeth gegroet en ses maande lank in ’n karavaan op die erf gebly terwyl handlanger­s die fondament, mure en dak van hul huis staangemaa­k het.

“Daarna was dit ons beurt,” sê Sharné. Die paartjie het alles gedoen, van die loodgieter­s- en teëlwerk tot die vloere en kaste. “Ons het opgelees hoe om dit te doen en raad by kenners gekry wanneer nodig – al het dit ons langer geneem om iets te doen, het ons klaargekry!” vertel sy trots.

Die kombuis en stoep se dekor is ’n mengsel van oud en nuut wat treffend dog prakties is. “Ons is dol oor die uitsig van die stoep af, die natuur en die feit dat ons soggens met voëlgesang wakker word,” sê Sharné. “Dis so vreedsaam – alles waarvoor ons gehoop het.” Met die lieflike uitsig maak dit heeltemal sin dat die eettafel op die stoep staan. Die paartjie het die ou Coca-cola-yskaste (onder) op ’n skrootwerf gekry. “Kwotasies vir los kaste was belaglik hoog, toe koop ons dié yskaste vir pakplek,” sê Sharné.

1Luca het ondersteun­ingsbalke tussen die muur en die sementpila­re onder geïnstalle­er vir die fondament van die stoep. Hierna is die stoepvloer gelê.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa