Tuis Opknap

Kuierplek buite

Voorheen het dié huis geen buiteleefr­uimte gehad nie – maar kyk hoe lyk dit nou!

-

’n Erg verweerde struktuur in die binnehof is tydens die regrukproj­ek omskep in ’n ekstra slaapkamer met ’n eie badkamer. Frieda le Roux • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk

Catalina Baliña is passievol daaroor om ou, moeë plekke in pragtige ruimtes te omskep – en in haar jongste projek het sy dit opnuut reggekry!

Catalina het die huis in Observator­y, ’n suidelike voorstad van Kaapstad, sowat twee jaar gelede gekoop en kort daarna aan die werk gespring.

“Voor die opknap was die leefruimte­s – die kombuis, sit- en eetkamer – baie donker, en die binnehof is nooit gebruik nie,” vertel sy. Maar danksy slim planne en Catalina se regruktowe­rstaf is nie net die binnehof se volle potensiaal ontsluit nie, die leefvertre­kke en kombuis het ook nuwe lewe gekry danksy al die natuurlike lig wat nou by die huis instroom.

Deure vanuit die kombuis en eetkamer dra by tot ’n gemaklike vloei tussen binne en buite.

“Ek dink dis belangrik om by jou huis te onthaal, daarom wou ek die binnehof ten beste benut.”

’n Waterglans­punt in een hoek dien ’n dubbele doel: Dit verfraai die ruimte, en met ’n stortkop daarbo kan die huismense dit ook as buitestort gebruik.

“Daar is ’n wateruitla­at wat die water uit die ‘fontein’ kan herlei om die plante in die kuierarea nat te maak. Dit gaan dus nie verlore nie.”

Voor

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa