Tuis Opknap

Uit hul notaboek met Heidi en Bevin

Gebruik wat jy het vir die dekor – ’n karavaan is of jou huis! V&A

-

Dit het gehelp dat ek net ’n klein ruimte gehad het om mee te werk. As jy nie ’n groot begroting het nie, fokus op een deel; jy sal tyd en materiaal bespaar.

Gebruik wat jy het om jou plek op te kikker: oorskietve­rf, kussings en ander items wat jy nie meer in die huis gebruik nie. Dis oukei as dit kitsch is – dis immers ’n karavaan!

Ek het presies geweet hoe ek wou hê dit moes lyk, toe soek ek net tot ek alles op my lys gekry het. Ek maak ook handwerkpr­odukte soos muurkuns en vinielplak­kers, wat goed in ’n karavaan werk; as een nie verkoop nie, gaan hy karavaan toe! Wat geniet julle die meeste van die karavaan? Dat ons kinders daarvan hou. Op ons eerste vakansie het hulle nuwe maats gemaak en vir ure buite gespeel – sonder om TV te kyk of ’n foon of ipad op te tel. Wat is volgende? Ons het pas ons kombuis ook opgeknap en ek is vir nou eers keelvol vir stof en bou- en breekwerk. Maar ’n swembad sou lekker wees ...

Heidi het dié muurkuns ontwerp en vir kamp-akkommodas­ie laat druk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa