Tuis Opknap

Uit hul notaboek

Vele hande maak ligte werk, of is dit eerder “almal gelyk is ’n lekker stryd”?

-

Die Janse van Rensburg-gesin was keelvol vir hul plastieksw­embad. Ma Chantal en pa Michael was moeg van skoonmaak en gate toeplak. Die kinders wou ook, noudat hulle ouer is, meer duik en minder rondplas.

Met ’n begroting van R40 000 het die paartjie kwotasies begin soek. “Ek het ’n spesifieke ontwerp vir ’n ingeboude swembad in gedagte gehad,” sê Chantal.

“Maar ons was geskok toe ons kwotasies van min of meer R80 000 begin kry het.” Die laagste kwotasie was nog steeds R20 000 meer as hul begroting.

Toe besluit Michael, ’n bedryfsbes­tuurder met ’n tegniese agtergrond, om die projek self aan te pak met ’n bietjie hulp van sy pa, Neil, sy oom Carlo – en Google, natuurlik!

Hulle het gewerk wanneer daar kans was, meestal saans en naweke. Selfs die kinders is ingespan – en hulle was maar te bly om te help.

Drie maande later kon die Janse van Rensburgs met ’n splinternu­we sonverhitt­e chloorswem­bad spog.

“Ná al die bloed, sweet en trane kan ons met trots sê ons kon dit self teen die helfte van die prys doen. Ek dink my man verdien ’n medalje,” sê Chantal. En die kinders is dol daaroor!

“Maar nou soek hulle ’n glybaan ...”

3Met die gat klaar, is die swembad afgelewer. Dit het vyf mans (drie van die tuindiens, Michael en sy pa, Neil) gekos om die swembad oor twee mure gelig gekry – met die hand! Hulle het lang lere gebruik, dit teen die muur staangemaa­k en die swembad daarlangs geskuif. Dit het sowat twee uur gevat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa