Tuis Opknap

T

-

Toe Andrew en Victoria Zekveld verlede jaar wegstap met die groot prys in ons jaarlikse Regruk met Flair- kompetisie, het ons geweet dis nie die laaste sien van hulle nie; dit was duidelik dat dié kreatiewe paartjie nog baie planne het vir hul meenthuis in Clarendon naby Pietermari­tzburg in Kwazulu-natal.

“Een ding wat van die begin af gepla het, was die beknopte agterplaas,” sê Victoria. “Die eiendom is net groter as 400 m² en die huis staan in die middel van dié ongelyk en baie skuins stuk grond. Al kuierplek wat ons gehad het, was ’n donker onderdak-stoep van sowat 1,5 m breed.”

Toe ’n vriend sy dek afbreek, het Andrew en Victoria die hoop balau-hout wat vir die ashoop bestem was, deurgewerk en die planke met die minste skade gaan uitsoek – met ’n plan: Hulle wou hul stoep met ’n dek vergroot, die grond langsaan gelykmaak en ’n knus kuierarea daar inrig met keermure, ’n vuurput en ingeboude sitplek.

Die paartjie het in Mei 2016 begin opknap en kon daardie Desember die nuwe jaar by hul nuwe kuierplek inwag.

“Dis wonderlik dat ons saans buite onder die sterre kan kuier sonder dat ons op ou, stowwerige stoele hoef te sit,” sê Victoria.

Voor

Ons het ons oë oopgehou en was dapper genoeg om vriende en vreemdelin­ge te vra vir goed wat hulle andersins sou weggooi. – Victoria

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa