Tuis Opknap

Ek kombineer graag tydlose, elegante kleure soos naaswit en grys met titsels kleur. – Pascale D

-

Pascale het die ou vensterraa­m by ’n sloopwerf opgetel – sy het net die glas vervang met spieëls. Dit was vir die Houbart-gesin ’n groot verligting toe hulle in 2016 uit hul beknopte woonstel in Seepunt na ’n dubbelverd­iepinghuis langs die kus kon trek. Met ’n groeiende gesin het hulle beslis die ruimte nodig gehad!

Al het die skuif ’n langer pendeltyd vir albei beteken (Pascale is ’n aankopebes­tuurder by Woolworths en Nicholas is ’n sleutelrek­eningbestu­urder by MOOV Fuels) het hulle op Houtbaai besluit omdat dit meer bekostigba­ar is as die middestad. Die pragtige see- en berguitsig het die knoop deurgehak – en boonop het hulle familie in die omgewing.

So het hul nuwe lewe toe begin – met ’n nuwe huis, ’n opknapproj­ek in volle gang, ’n woelige kleuter en ’n baba op pad!

“Ons was regtig baie gelukkig,” sê Pascale. “Dit was nie nodig om enige mure uit te breek nie, want ons nuwe huis se struktuur en vloei was goed.” Maar die afwerking binne was afgeleef: Daar was waterskade weens lekkende pype, te veel donker hout, ou diefwering, stukkende ligte en deurgetrap­te matte. Die plek het gesmeek om ’n opknap!

“Nicholas het die hele projek bestuur – en in die proses baie slapelose nagte beleef,” sê Pascale. “Hy het naweke aan die huis gewerk om seker te maak dat ons koste besnoei waar ons kon en dat die vernuwings tot die beste van ons vermoë gedoen word. Ek is baie trots op hom en sy raakvat-houding!”

Pascale het gefokus op die afronding. Nou is hul huis vars en stylvol – buite en binne. >>

Dol hieroor!

Eetkamerta­fel van Coricraft; stoele van Loft Living

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa