Tuis Opknap

Met Pascale en Nicholas

V&A

-

Wat was jul grootste uitdagings? • Dis moeilik om by ’n begroting te hou wanneer boukoste aanhou styg terwyl jy opknap! • Soms het jy wonderlike idees, maar wanneer dit by die uitvoering kom, besef jy dit werk nie eintlik nie; dan moet jy maar weer begin! Dis wat met ons balkon gebeur het: Ons het dit met latte bedek soos die stoep, maar dit het nie gepas nie. Ons moet dit nog oordoen om beter by die res van die tweede verdieping in te skakel. • ’n Groot struikelbl­ok is wanneer jy tyd en geld mors op mense wat nie regtig weet wat hulle doen nie. Ons het ’n paar werkers gehad wat duidelik kansvatter­s was, of te besig met ander projekte; hulle het eendag net verdwyn! Deesdae dring ons aan op verwysings. • Ons was gelukkig dat ons tydens die werkery by familie kon bly, maar selfs nadat ons ingetrek het, was daar nog baie te doen. Dis nie maklik om te woon waar jy opknap nie! Maar ons het ons oog op die eindproduk gehou; dit het gehelp. Was daar enige konflik en hoe het julle dit hanteer? ’n Beperkte begroting en min tyd het baie druk op ons geplaas en ons moes soms moeilike besluite neem oor hoe ons dinge wou hê. Maar op die ou end het alles uitgewerk – ons moes net een hekkie op ’n slag oorkom. Enige geldspaarw­enke? • Snuffel rond vir goeie aanbieding­e, besoek verskaffer­s en fabriekswi­nkels, en vervoer materiaal self of vra vriende en familie om te help. • Probeer om self projekbest­uurder te speel, al verg dit meer moeite en tyd. • Beplan goed: Ons het vooraf baie gesels, geteken en gemeet om verwarring te vermy en nie geld te mors in die proses nie. Ek is vir eers net tevrede om die resultate van die jaar lange projek te geniet. Maar my man se hande jeuk al weer vir die volgende uitdaging! Dalk ’n vakansiehu­is ...

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa