Tuis Opknap

Met Nikki

V&A

-

Wat is jou geldspaarw­enke? • Kry altyd meer as een kwotasie. • Kyk uit vir tweedehand­se meubels en winskopies. Probeer om ou meubels te herwin – ’n verfkwas verrig wondere. • Ondersoek alternatie­we: Pleks van regte houtvloere het ons teëls gebruik wat soos hout lyk – dit was baie goedkoper. • Doen wat jy kan self en werk met plaaslike mense. Indien jy ’n bakkie het, ry self die boumateria­al aan eerder as om iemand te betaal om dit vir jou te doen. En watter lesse het julle geleer? • Maak seker jy werk met betroubare mense, veral dié wat op die terrein gaan wees. • Koop die regte hoeveelhei­d boumateria­al en sorg dat dit daar is wanneer dit nodig is, anders raak die bouwerk agter. • Toesig is belangrik as daar hulp van buite is. Só maak jy seker dat jou opdragte reg verstaan word en hoef dinge nie twee keer gedoen te word nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa