Tuis Opknap

A

-

As jy ’n bietjie wil wegbreek van die dolle gejaag van die stad, gaan lawe jou siel in die KleinKaroo. Hier, op die plaas Uitsig in die Hoekovalle­i tussen Ladismith en Calitzdorp, het Jurgen en Narine Prins ’n vervalle werkershui­sie in gerieflike gasteverbl­yf omskep.

Die paartjie het hulle in 2016 in die vallei gevestig waar Jurgen boer. Hy en Narine, ’n voormalige graad R-onderwyser­es, was reg vir ’n uitdaging en die huisie – feitlik ’n bouval – het gou hul belangstel­ling geprikkel.

Die gebou het lank leeggestaa­n en van die dak en vloer was daar geen teken nie. “Die onkruid het al die mure begin toerank,” onthou Narine. Maar die uitsig van daar op die Towerkop-berg was asemrowend; hulle het besluit om die huis “Hemelrand” te noem.

Spanwerk

“Omdat my en Jurgen se belangstel­lings mekaar goed aanvul, was dit die ideale projek om saam aan te pak,” vertel sy. Terwyl Jurgen die uitleg beplan het, het Narine op die dekor gefokus. Die twee vindingryk­e opknappers het in September daardie jaar aan die werk gespring: Die vloere en deure is vervang en ’n nuwe dak opgesit.

Die steil, kronkelend­e grondpad na Hemelrand is onbegaanba­ar vir vragmotors; boonop is dit ver van enige ysterwarew­inkels. Die Prinse moes noodgedwon­ge fyn beplan en self al die boumateria­al op die regte tyd aanry sodat die bouwerk ongehinder­d kon voortgaan. “Ek het eenkeer halfpad teen die berg op sonder petrol gaan staan; ander kere het sakke sement of hortjies langs die stamperige plaaspad afgeval,” vertel Narine. Maar niks kon hulle stuit nie en drie maande later kon die eerste gaste daar oorbly. “Dit was al die swoeg en sweet werd,” sê sy nou, nadat hulle nog ’n gastehuis, Gelukstroo­m, op die plaas ingerig het.

“Ná elke bouprojek sê ek ‘nooit weer nie!’. Maar kort voor lank pak ons die volgende ding aan.” >>

Die vuurherd in die kombuis het behoue gebly – ook maar goed so, want die winters kan ysig wees!

Staan nader!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa