Tuis Opknap

H

-

Hul droom was altyd om ’n “leë dop” van ’n huis te koop en dan hul eie stempel daarop af te druk, vertel Laetitia Brits. Einde Desember 2014 het dié wens waar geword, toe hulle die eerste keer huis gekoop het. “Ons het besluit die nuwe jaar gaan met ’n knal afskop!”

Shaun tel op sy vingers af watter vertrekke als in die vyftig jaar oue huis was voordat hulle begin breek en bou het: “Daar was ’n sitkamer, ingangspor­taal, eetkamer, kombuis, een slaapkamer, twee veeldoelig­e vertrekke, ’n klein badkamer en een groot vertrek wat met hortjies in twee verdeel is – in die een hoek was ’n stort.”

Maar, sê Laetitia, ondanks die vreemde versamelin­g vertrekke en ongemaklik­e vloei was die potensiaal groot. Hulle het ’n argitek en struktuuri­ngenieur geraadplee­g om die ruimte ten beste te benut – en toe kon die bouwerk begin.

“Ons het ’n gang gebou en so die groot vertrek omskep in twee slaapkamer­s. Party mure is nuut gebou, ander afgebreek en die ou kaggel weer oopgemaak vir koue winteraand­e.”

Vandag het hul huis drie slaapkamer­s, ’n studeerkam­er en twee badkamers.

Nuwe wending

Die opknappaad­jie wat Shaun en Laetitia sedert Mei 2015 moes stap, was nie aldag maklik nie.

“As ek toe geweet het wat ek vandag weet, sou ek seker die berge in gehardloop het,” lag Laetitia. Shaun stem saam: “Dit was en bly harde werk om ’n huis op groot skaal op te knap.”

Skaars ses maande nadat hulle begin het, het die Britse en hul bouer koppe gestamp en het hul paadjies geskei. Daarna was hulle versigtig om weer iemand in en om die huis te vertrou en het hulle besluit om die taak self verder te voer.

“Aanvanklik was die huis eintlik onleefbaar. Ons het op die vloer geslaap en in die kombuis ‘gebad’. Naweke en saans ná werk het ons mure, plafonne, kosyne, vensterban­ke en kroonlyste geverf, vloerlyste gemonteer en vernis, gordynreli­ngs gehang, loodgieter en elektrisië­n gespeel, voegbry aangesmeer en keer op keer skoongemaa­k.”

Gou het die twee uitgevind hulle is tot veel meer in staat as wat hulle aanvanklik gedink het. “Shaun het my die meeste verbaas,” skerts Laetitia. “Ek het altyd geweet hy is handig, maar nie op die skaal wat ons projek toe aangeneem het nie! Ek verhuur hom deesdae sommer aan familie en vriende aangesien sy hande vir niks verkeerd staan nie.”

Sy sê baie van haar inspirasie kom van webwerwe soos Pinterest, maar ook tydskrifte – en natuurlik “window shopping” in winkels. “Dit het selfs al daartoe gelei dat ons nou ook van ons eie meubels, ligte en tierlantyn­tjies maak,” vertel sy en rits die projekte af wat hulle self aangepak het: van ligte tot koffietafe­ls van sement, ook kopstukke uit herwinde hortjies.

“Daar is min oor van die ou huis, maar sekere elemente het gebly. Die kombuiskas­te het ’n lagie rooi verf gekry en die houtskuifd­eure in die gang ’n nuwe lagie vernis,” verduideli­k Laetitia. “Dit is nou ’n gerieflike gesinshuis wat lekker leef.” >>

Voëltjievi­nielplakke­r van Twiggy; bedlampie van MRP Home

Stortteëls en bad van Tile Africa; handdoeke en wasgoedman­djie van MRP Home

1Die kas is uitgebreek – dis waar die gang nou is – en die matte vervang met teëls. Die kamer het ook ’n nuwe deur, ’n vars laag verf en nuwe kroon- en vloerlyste gekry.

Voor

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa