Tuis Opknap

O

-

“Ons het in 2015 aanlyn ontmoet. Sy was al 83 jaar oud, maar vir my was sy nog heel aantreklik. Drie maande later was sy myne.”

Retha Alberts het vanjaar vir ons jaarlikse Regruk met Flair- kompetisie ingeskryf, en dís hoe sy haar ontmoeting met die huis van haar drome beskryf het. Dit was duidelik liefde met die eerste oogopslag.

“Ek het die hele transaksie aanlyn voltooi omdat ek in daardie stadium in Muscat, Oman, gewoon het. Ek het haar toe nog nie in lewende lywe gesien nie, maar ek het my intuïsie oor dié ou dame vertrou.”

Toe Retha drie maande later Suid-afrika toe kom, was sy opgewonde om haar nuwe huis vir die eerste keer te sien. “Maar toe ek hier instap, was ek sommer bedruk en moedeloos. Dit was donker, met ’n swak uitleg (die enigste badkamer was heel agter in die huis, langs die kombuis), en dit het eienaardig­e afwerkings en slordige aanbousels gehad. Ek het op die lelike kombuisvlo­er gaan sit en huil!”

Maar Retha het gou tot verhaal gekom en besef die huis het heelwat potensiaal. Sy het die hulp van ’n betroubare bouer, Harry Nell, ingeroep en saam het hulle vir drie maande van soggens tot saans gewerk.

“Sou ek, ’n weduwee wat amper afgetree is, weer so ’n projek aanpak? Beslis! Dié twee ou dames is nou lewenslang­e vriende. Trouens, ek en die bouer is ook nog goeie vriende!” >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa