Tuis Opknap

O

[

-

“Ons het altyd die woonstel agter ons huis ‘die gat’ genoem,” sê Yvette Makaum van Bloemfonte­in. “Toe ek en Rohan in 2014 die eiendom koop, het ons die hele huis opgeknap. Die woonstel is as stoorkamer gebruik; alles is net daar gestort.”

Die woonstel was in ’n swak toestand: Die mure was vuil en vol gate, die plafon het ingesak en die kombuis se kaste en laaie het waterskade gehad. “Jy kon skaars tussen al die rommel deurstap. Boonop het my arme man se lessenaar daar gestaan omdat hy dit as tydelike werkruimte gebruik het,” sê Yvette.

Toe hul oudste dogter, Lucille, vroeg in 2017 uittrek, het die Makaums besluit om een van die slaapkamer­s in die hoofhuis in ’n kantoor vir Rohan te omskep en die eenslaapka­merwoonste­l in te rig as selfsorgee­nheid vir ’n ekstra inkomste.

“Ek dink die grootste taak was om al die opgaargoed uit te gooi!” sê Yvette. Hulle het weer aangeklop by die bouer wat met die huis se opknap gehelp het. Die projek het in Maart 2017 begin en was middel Junie voltooi.

“Soos met enige projek was daar terugslae: Die 45 jaar oue mure was so solied dat die bouer net stukkies op ’n slag kon uitbreek; die nuwe opening vir die voordeur het twee weke geneem! En die teëllêer wat ons al die afgelope 25 jaar gebruik, werk deesdae so stadig dat hy vier weke lank aan die kombuis en badkamer geteël het; op die ou end het ek ingespring en self die voegbry aangesmeer,” sê Yvette.

Al wat nou nog kort is nuwe parkeerple­k – dan kan die gaste maar kom! DIE AFWERKING] Boukontrak­teur Sander Contractor­s (083 469 1607) Kaste M&I Cupboard (082 374 2510) Badkamerto­ebehore Waterways Bloemfonte­in (051 447 7512, water-ways.co.za) Muurteëls Union Tiles (051 421 1285, uniontiles.co.za) Vloerteëls All Rounder Tiles (051 101 0750, allrounder­s.co.za) CTM (051 430 4967, ctm.co.za) Herholdt’s Electrical Wholesaler­s (051 447 1961, herholdts.co.za) Decofurn (087 740 1800, decofurnsa.co.za), superbalis­t.com, Cielo Lifestyle (0861 999 193, cielolifes­tyle.co.za) MRP Home (0800 21 25 35, mrphome.com)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa