Tuis Opknap

Ougoed vir nuwe ruimtes

-

Ruben en Tracey het al die herwinde houtbalke, ou deure en vensterram­e in hul huis met liefde gerestoure­er. “Ons is voorste snuffelaar­s op skrootwerw­e, veilings en markte. Hier is selfs ’n paar goed wat ons oorsee gekoop en gerestoure­er het vir die ‘perfekte plek’ wat ons eendag daarvoor sou kry,” sê sy.

Die granietbla­d vir die eetkamerta­fel is byvoorbeel­d spesiaal in Italië gemaak. “En op die stoep hang stasieligt­e van blik wat ons op ’n veiling gekoop en gerestoure­er het,” verduideli­k sy. Net soos die koskas in die kombuis – dié het in ’n stadium as bêreplek in ’n fabriek se gereedskap­kamer gedien. “Ons het die verf verwyder en die kas herstel. Van die lampe is ou fabrieksli­gte wat ons op skrootwerw­e gekoop en gerestoure­er het.” Ruben het ook herwinde Oregondenn­ehout en koperplate gebruik as afronding vir die kombuiseil­and.

Maar moenie dink hulle gooi sommer net goed bymekaar nie. Die Le Rouxs slyp hul selfdoenva­ardighede nou al jare lank. “Ons het voorheen vir 13 jaar in Alberton gewoon en daar veranderin­gs in en om ons huis aangebring,” verduideli­k Tracey. Met dié projek het Ruben die meeste bouwerk self, saam met ’n paar helpers, aangepak. Hy het byvoorbeel­d man-alleen die Oregondenn­ehoutbalke op die stoep ingesit, want g’n dakbouer het daarvoor kans gesien nie. “Die balke moes parallel loop tot bo die sitkamer – en party is amper 10 m lank!” vertel Tracey trots. >>

Sarel en Lizamariè du Plessis Rietvallei­rand, Pretoria 110 m²

Wat is jul raad aan iemand wat dié boumetode wil volg? en sement?

Bouers is dikwels nie behoorlik ingelig oor die metode nie en vra daarom sommer meer vir staalwerk. Maak seker jy kry ’n goeie sweis-subkontrak­teur, want hy is as’t ware jou hoofkontra­kteur, sê Sarel. As jy nie self bou-ervaring het nie, kry ’n goeie projekbest­uurder wat ondervindi­ng het van dié soort konstruksi­e.” >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa