Tuis Opknap

Skoon, vars en ruim!

“Ons volg nie die mode nie; ons doen wat vir ons reg voel,” sê die kunstige eienaars van dié unieke huis oor hul bouprojek.

-

O“Ons Europese plaas-villa.” Dis hoe Ruben en Tracey le Roux hul huis in die suide van Johannesbu­rg beskryf. En as jy dink dis vergesog, moet jy net luister hoe Tracey vertel waar die invloede, inspirasie en materiaal waarmee hulle dit tot stand gebring het, vandaan kom; dan besef jy dié beskrywing is in die kol.

“Ons het ’n basiese idee van die uitleg gehad, maar toe dit by die binneversi­ering kom, het elke vertrek ons ‘vertel’ wat daar sou werk,” sê Tracey. “Dit het geleidelik gebeur. Van die begin af was die hele idee dat ons huis moet lyk soos ’n ou Franse plaashuis wat gerestoure­er is, al is dit nuut gebou.”

Die Le Rouxs het heelwat tyd en energie aan die ontwerp van hul droomhuis bestee en uiteindeli­k die geleenthei­d gehad om artikels wat hulle die afgelope 30 jaar op talle reise bymekaarge­maak het, te gebruik.

Natuurlike materiale soos koper, gietyster, leer en hout verskaf warmte en beweging. “Omdat die materiale nie nuut is nie, dra hulle die tekens en merke wat van hul karakter en geskiedeni­s getuig,” sê Tracey. Dit skep onmiddelli­k ’n ingeleefde atmosfeer wat ’n mens nie dikwels in ’n nuutgeboud­e huis kry nie. >>

Buffet van Block & Chisel; lampe, skale, koskas en kleurglas op die vensters van Oudewerf Auctions; slagtersbl­ok van Old Johannesbu­rg Warehouse; gasstoof van 44 Stanley; die koolstoof is by vriende gekoop

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa