Tuis Opknap

Getooi in blou

Die fasade van ’n verlate en vervalle ou huis het ’n splinternu­we baadjie gekry – en kyk net die lekker stoep!

-

Vir jare het die kranige selfdoener Catherine Pate dekorproje­kte voltooi, ou meubels gerestoure­er en klein opknapproj­ekte aangepak. Maar toe sy in 2013 afkom op ’n verwaarloo­sde huis in haar tuisdorp, Portervill­e, naby haar en manlief Warwick se eie huis, het sy die kans met albei hande aangegryp om ’n “regte” opknap te doen.

Heel eerste aan die beurt was die huis se fasade, insluitend ’n 10,5 m lange stoep. Catherine, die eienaaar van die reklameage­ntskap CP Communicat­ions & Publicity, en Warwick, die eienaar van die afvalvervo­ermaatskap­py Waste Pro, se begroting was knap; daarom het hulle die meeste van die werk self gedoen, insluitend mure uitbreek, pleister en verf.

Die stoep se mooimaak het sowat drie weke in beslag geneem (hulle kon net ná ure en naweke werk) en nou is dié stoep ’n heerlike plek om die trekkers en perdekarre dop te hou wat hier verbykruie.

“Dit was lieflik om te sien hoe Elephant Cottage, soos ons dit gedoop het, pragtig en trots ontpop uit die afgeskeept­e gebou wat hier gestaan het,” sê Catherine. >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa