Meng en pas
Faith du Plessis het dié pragtige teëls self ontwerp en met die hand geverf voor dit by haar pottebakkersklas in die oond gebak is. Die teëls, almal van wisselende groottes en vorms, lyk lieflik rondom die kaggel in die braai-area van haar nuut opgeknapte huis op Knysna.