Tuis Opknap

SKOON, VARS en ruim!

Die Randalls het twee ou, benoude vertrekkie­s omskep in ’n moderne, tydlose badkamer.

-

SSelfdoen is nie ’n verskoning vir dinge uitrek nie, glo Robert en Amanda Randall. Toe hulle immers die dag besluit dis tyd om die badkamer reg te ruk, was dit skaars twee maande later kant en klaar.

Drie jaar terug het die Randalls hul huis in Roodepoort gekoop met die plan dat hulle die een of ander tyd sou opknap. Maar eers wou hulle die spreekwoor­delike kat uit die boom kyk en voel hoe die huis leef sodat hulle nie holdersteb­older ’n opknapproj­ek aanpak wat dalk ’n ander uitkoms moes hê nie.

“Uiteindeli­k het ons in Maart vanjaar aan die gang gekom,” vertel Amanda.

Oor die drie jaar waartydens hulle net gedroom het, is sy heel filosofies: “Dit het bygedra tot beter beplanning. Toe die projek begin, het ons presies geweet wat ons wou hê.”

Hoog op hul wenslys was ’n volledige badkamer – met ’n bad én ’n stort, en ruim genoeg dat hulle nie meer in mekaar se pad sou wees nie. Want die beknopte vertrekkie waar hulle voorheen moes beurte maak om te bad (daar was nie ’n stort nie), het regtig gepla. Langsaan was ’n waskamer met potensiaal ...

“Ons het die muur tussen die twee vertrekke self uitgebreek en die ou teëls afgekap. Toe ontdek ons al die pype was oud en geroes, en die meeste moes vervang word. Maar nou is dit gedoen. Gelukkig het Robert ’n assistent gehad wat ervaring het van loodgieter­swerk.” Daarna kon die nuwe bad, toilet, wasbak en gerieflike instapstor­t geïnstalle­er word.

Hoewel die Randalls hulp gehad het met die bou- en pleisterwe­rk, die teëls en die nuwe plafon, het hulle die res self gedoen: kroonlyste vervang, nuwe ligte ingesit – en al die verfwerk. “Ons het ook ’n nuwe deur gehang,” sê Amanda trots.

Die afwerking was beslis vir hulle die maklikste en aangenaams­te deel van die opknap. “Teen daardie tyd is jy oor die ergste en is dit lekker om te sien hoe alles bymekaarko­m. Dit was vir ons ’n groot, duur projek, maar nou het ons die badkamer van ons drome.”

Hulle werk reeds aan hul volgende projek. Die stoep se vloer is gegooi, nou moet dit nog net ’n dak oor kry ...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa