Tuis

Veels geluk, Tamzin Smith ONS WENNER!

Om ’n huis van R320 000 present te kry, gebeur nie aldag nie. En as die geluksgodi­n jou gekies het uit die duisende wat ingeskryf het, mag jy maar uit jou vel wees! Hoe’t dit gevoel toe jy besef jy het gewen?

- Dis wat sy te sê het:

Toe ons in Maart vanjaar die Wen ’n Huiskompet­isie aankondig, het ons verwag die SMS’e gaan instroom. Maar toe ons op 13 Mei (die oggend ná die sluitingsd­atum) die SMS’e tel, is ons wildste verwagting­e oortref: ’n hele 107 352, en dit sluit die 52 698 aanlyninsk­rywings op Tuis se mobi-blad uit. Dis duidelik die “pod”-huis van Perfect-Places het Tuis- lesers se hartsnare geroer… Uit al dié inskrywing­s is die wenner toe onder streng toesig getrek: Tamzin Smith, ’n verkoopsko­nsultant van Oos-Londen. “Ek het nog nooit iets gewen nie,” het ’n oorstelpte Tamzin (28) laat hoor toe sy die goeie nuus kry. En dit het ’n hele rukkie geneem om in te sink. Eers het Tamzin nie heeltemal besef dat sy die groot wenner is nie, maar toe die waarheid deurdring, was daar geen perke aan haar opwinding nie. Totaal geskok. Ek was in my motor toe ek die nuus kry, en kon op daardie oomblik nie onthou waarvoor ek ingeskryf het nie – en dit nadat ek so baie SMS’e gestuur het! Hoekom het jy ingeskryf? Ek is mal oor klein ruimtes, en toe ek die storie sien, moes ek net die kans waag. Waar gaan jy die huis opsit? Vriende van ons besit die trou-venue 2 Swans, waar hulle onlangs erwe uitgemerk het; my ouers het een gekoop. Dis net buite Oos-Londen, en ek gaan daar bly. Hoekom het jy vir ontwerp 1 gestem? Ek was mal oor die dek en die pergola, en die moontlikhe­id van ’n daktuin. Ek is ingestel op eko-vriendelik leef en hou van die natuur en buite wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa