Tuis

Vra die kenners

Is jy raadop met jou gasoond? Of wil jy weet hoe om klaar te speel met houtvloere wat kraak? Jy vra – ons kry die antwoorde. 80 Catherine Eybers, kombuishoo­f vir en mede-eienaar van Rooi Kombuis-deli op Barrydale, sê ook

-

Saamgestel deur Beatrice Moore-Nöthnagel

Raadop met gas

Pat Catchpole van KwaZulu-Natal skryf Ek en my man gebruik alternatie­we bronne van energie, maar my gasoond gee my hoofbreken­s. Brood bak net nooit reg nie – die kors is vaal en hard. Toe ek oorsee gewoon het, het ek nooit probleme gehad met bak in ’n gasoond nie. Die verskaffer hier in Suid-Afrika kon my nie help nie en het ná ’n besoek verklaar niks is fout met die oond nie en selfs voorgestel dat ek die “rooster”-funksie gebruik om die brood bruin te kry! Die oond is ingevoer uit Italië. Ander plaaslike vervaardig­ers het toegegee hul oonde sal waarskynli­k dieselfde doen. Hoekom kan ek nie ’n goeie gasstoof in Suid-Afrika koop nie? Enige raad? Elke gasoond het maar sy nukke; tog kan dit wonderlike gebak lewer as jy joune eers leer ken het. Die voordeel van gasoonde is dat hulle baie gou hul verlangde hitte bereik en jy kan dus gou aan die bak kom. Die nadeel: Hulle kan ook gou hitte verloor.

Gasoonde is juis baie goed vir brood bak, want daar is meer vog in die oond – wat jou deeg goed laat rys en die kors mooi laat ontwikkel. Die vog in die oond is ongelukkig ook die oorsaak van jou probleem met verbruinin­g. Langer en hoër temperatur­e is dus nodig.

Gasoonde is bekend daarvoor dat hulle warm kolle het. (Sommige elektriese oonde kan ook hierdie probleem hê, maar gasoonde se hitte kom gewoonlik van onder af, wat die verspreidi­ng van hitte in die oond nie so doeltreffe­nd maak nie.) ’n Oplossing is om ’n pizzasteen te gebruik. Plaas dit onder in die oond (moenie die gebak daarop sit nie), sodat dit kan help met hitte-uitstralin­g.

Vir eweredige verbruinin­g is dit ook belangrik om die gebak te roteer: Draai dit een keer wes en een keer keer oos.

Dis nie ongewoon om die boonste element (“rooster”) te verhit vir verbruinin­g nie; dit word dikwels as ’n baktruuk ingespan, ook in elektriese oonde. Dit help ook dat koek en kolwyntjie­s nie so lank hoef te bak en sodoende uitdroog nie.

’n Laaste oplossing is om te kyk na jou bakware. Vermy donker panne en probeer eerder glas-, silikoon- of silwerkleu­rige panne – dit verbeter die uitstralin­gsvermoë van die oond.

In my ondervindi­ng is die beste oplossing om ’n oondtermom­eter aan te skaf, omdat die oond s’n nie altyd akkuraat is nie. Hang dit voor in die oond waar jy dit maklik kan sien en waar jou temperatuu­r die meeste sal varieer wanneer jy jou oond oopmaak.

Dan glo ek ook daarin om ’n gasoond se temperatuu­r ’n bietjie hoër as normaal te stel wanneer jy dit voorverhit. Hou dan die termostaat dop tot dit die optimale temperatuu­r bereik.

Wat ek hou van ’n gasoond, is dat gisgebak met ’n bietjie geduld baie mooier in ’n gasoond uitkom, want dit rys lekker stadig terwyl dit bak. Dit is wel uiters belangrik dat jy nie die oond gereeld oopmaak nie, omdat dit dan gou hitte verloor. Bak net ’n bietjie langer en hy sal bruin raak – of skuif die rak ’n bietjie hoër as jy jou gebak bruiner wil hê.

Die probleem is dikwels dat gas- én elektriese oonde baie kan verskil. Ek vind dat hoe eenvoudige­r die oond is, hoe beter bak dit.

 ??  ?? Mari-Louis Guy, Koekedoorb­eoordelaar, koekontwer­per en medeskrywe­r van verskeie bakboeke, antwoord Koekedoor
Mari-Louis Guy, Koekedoorb­eoordelaar, koekontwer­per en medeskrywe­r van verskeie bakboeke, antwoord Koekedoor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa