Tuis

EET SOOS ’N KONING!

Beïndruk jou familie met ’n gestopte boud en heerlike Texan varksteaks met pesto-botter – en proe die gehalte van vars, veelsydige SuidAfrika­anse varkvleis.

-

GESTOPTE VARKBOUD

Genoeg vir 8 mense (met oorskiet)

• 1 x 3kg-varkboud, ontbeen • 250ml gemmerbier VULSEL • 4 droëpeer-helftes, fyngekap • 1 groot stuk verglansde gemmer in stroop, gekap • 1 klein rooi ui, fyngekap • 4 snye ciabatta, gerooster en gekap • 1 takkie roosmaryn, gekap • olyfolie GLASEERSEL • 60ml van die gemmer se stroop • sap van 2 lemmetjies

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng al die vulselbest­anddele in ’n groot bak en klam aan met die olyfolie. Geur goed met sout en peper. 2 Gebruik ’n skerp mes om die vel in een stuk af te sny. Werk versigtig sodat jy nie die vetlaag ook afsny nie, net die harde vel bo-op (sien oorkant hoe om lekker krakerige varksooltj­ie van die vel te maak). Maak nou kepe in ’n 2 cm-diamantpat­roon deur die vet. Stop die boud met die vulsel en sit dit (en enige oorskiet-vulsel) in ’n groot oondpan. Smeer die buitekant met sout en olyfolie en giet die gemmerbier in die pan. Bedek met ’n digpassend­e deksel of foelie en oondbraai vir 2 uur. Verwyder die foelie en braai nog 30 minute. 3 Meng die stroop en lemmetjies­ap en smeer dit mildelik oor die vleis. Verhoog die oondtemper­atuur tot 220 °C en braai vir 20 minute. Smeer met die glaseersel en drup die pansappe oor tot die vleis bruin en taai is. Bedek met foelie en laat die vleis minstens 20 minute rus voor jy dit voorsit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa