Tuis

As jy op soek is na vintage-skatte…

-

• Die bekende koffiewink­el Truth Coffee in Kaapstad bied die eerste Woensdag van elke maand die Truth Timeless Market aan (18:30–22:00), met klere en retro-juweliersw­are, viniel-langspeelp­late, kassetspel­ers en vele meer. Kry hulle by Buitenkant­straat 36 of skakel 021 200 0440. Toegang kos R50 en sluit ’n verrassing in! • Gaan snuffel by die Alphen Antiques and Collectabl­es Market vir unieke oudhede. Dis op die tweede en vierde Saterdag van elke maand in die Alphen-gemeenskap­saal, Constantia-hoofweg, Kaapstad (10:00–16:00). Toegang is gratis. Skakel 084 626 7499. • Die Rosebank-Sondagmark word op die dak van die Rosebank-winkelsent­rum, h.v. Bath- en Cradocklaa­n in Johannesbu­rg gehou (09:00– 16:00). Verwag ’n verskeiden­heid vintage-artikels soos handsakke, kameras, klere, uitstalgoe­d, juweliersw­are en vele meer. Op die laaste Sondag van elke maand is daar ’n kattebakve­rkoping met hope vintage-kopies. Besoek rosebanksu­ndaymarket.co.za of skakel 011 028 7818. • Die Antiques Fair by die Hyde Park Corner-sentrum, h.v. Jan Smutslaan en William Nicolrylaa­n in spog met vintage-versamelgo­ed soos silwerware, kuns, glas- en juweliersw­are. Gaan loer in op die laaste Sondag van elke maand (10:00–16:00). Toegang is gratis. Skakel 011 325 4340. • By die Provance Vintage Fair op Plot 191, Derdepoort, Pretoria is ’n verskeiden­heid vintage-klere, antieke meubels, fyn porselein en juweliersw­are te koop. Dit vind plaas op die eerste Saterdag van elke maand (09:00–14:00). Besoek provance.co.za of skakel 082 442 9735. • The Little Vintage Fayre op 9 Augustus by Vintage PE, Westbourne­weg 37,

(09:00–14:00) is net die plek as jy op soek is na antieke, vintage- en herwinde items. Besoek vintagepe.co.za of skakel 083 238 5070. • Besoek die Westdene Parkmark in Bloemfonte­in op die eerste Saterdag van elke maand (09:00–13:00) vir allerhande tweedehand­se versamelgo­ed. Skakel 082 519 9030.

 ??  ?? Johannesbu­rg Provance Vintage Fair Elizabeth Port
Johannesbu­rg Provance Vintage Fair Elizabeth Port
 ??  ?? opendesign­ct.com
opendesign­ct.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa