Tuis

WANT Tuis KAN!

’n Span vrywillige­rs van Media24 se OnsKan24-projek het onlangs ’n Kaapse hoërskool gaan mooimaak met se eie verf. Kyk net so!

-

Tuis

Vanielje-soetkoekie­s uitgedruk in letters (kyk aanlyn by valuesuppl­ies.co.za as jy sulke vorms soek) spel die naam van die projek uit: WeCan24/OnsKan24. Dis se kosredakte­ur, Johané Neilson by Renaldo Schwarp van die OnsKan24-projek) wat die koekies gebak het.

Die Sarepta Senior Sekondêre Skool in Kuilsrivie­r buite Kaapstad spog deesdae met ’n aantreklik­e medialokaa­l en kombuis, danksy ’n slim regrukproj­ek met Tuis|Home Dirty Hands Chalky Décor Paint. ’n Handjievol vrywillige­rs van Media24 en Naspers het kom help – soos die gesegde lui: Vele hande, ligte werk!

Sarepta Senior Sekondêr het onlangs deel geword van Media24 se OnsKan24-netwerk, ’n innoverend­e opvoedkund­ige projek wat leerders by deelnemend­e skole oor die hele land leer hoe hulle multimedia-joernalist­e kan word. Dis die digitale weergawe van die destydse nasionale skoolkoera­ntprojek, en enigiemand kan deel word*.

Danksy dié program leer kinders die kuns van berigte skryf, onderhoude voer, stemopname­s doen en foto’s en video’s neem – wie weet, eendag skryf een van hulle dalk nog vir Tuis, of maak hulle ’n video vir ons Tuis-mobi!

Danksy ’n borgskap van Naspers, Media24 se moedermaat­skappy, spog die skool se medialokaa­l nou met rekenaars, tablette, selfie-stokke, ’n kamera en drukker. En met ’n leksel Dirty Hands-verf van Tuis, is die medialokaa­l – en kombuis – nou mooier as ooit.

Tydens die amptelike opening het die Tuis-span foto’s gaan neem van die nuut geverfde kombuis, en gaste kon toekyk hoe ons kosredakte­ur en fotograaf die foto’s stileer.

Mooi was nog nooit lelik nie.

 ??  ?? (links)
(links)
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa