Tuis

Krui van die maand

30 en 31 Julie:

-

Kappertjie Kweek dit so Kappertjie­s vaar die beste in volson in goedgedrei­neerde, komposryke grond. Plant dit onder vrugtebome en langs boerbone en lede van die koolfamili­e as ’n afweermidd­el vir plae. Dit hou ’n groot reeks skadelike insekte soos witvlieg en miere weg en lok skoenlappe­rs. Verskeie soorte Benewens die tradisione­le oranje en geel blomme het die ‘Alaska’reeks rooi blomme en veelkleuri­ge blare. Wenk van die maand Kappertjie­s maak dit maklik om sonder gifstowwe van plantluise ontslae te raak. Dit tree op as gasheerpla­nt vir die luise sodat jy dit eenvoudig kan uittrek en weggooi. Het jy geweet? As jy die groen saadpeule uittrek, kan jy dit in asyn piekel en pleks van gebottelde kappertjie­saad gebruik. Gebruike Die peperagtig­e blare en blomme is wonderlik in slaaie en eiergeregt­e, op toebroodji­es, gekap en gemeng met maaskaas of ander smere. Rooster die ryp sade, maak dit fyn en gebruik as geurmiddel. Kappertjie­blare het antiseptie­se en helende eienskappe; voeg dit by jou badwater of maak tee (trek 2–3 gekneusde blare vir 15 minute in ’n koppie kookwater) om brongiale infeksies, griep, ’n droë hoes en hooikoors te verlig. KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

Die tuinboukun­dige Richard Arm neem jou op ’n ontdekking­sreis deur die meer as 1 000 kameliastr­uike wat in die Internatio­nal Camellia Garden of Excellence op die Vergelegen­wynlandgoe­d in groei. Bespreking is noodsaakli­k; besoek

vir nog inligting. Die kruikenner Bridget Kitley bied ’n drie uur lange praktiese werksessie op Stellenbos­ch aan oor hoe om kruie in spogdisse te omskep. Plek is beperk, daarom is bespreking­s noodsaakli­k; skakel 079 499 2209 of besoek

Leer hoe om eetbare inheemse plante op te spoor! Good Hope Gardens Nursery in Kaapstad bied kursusse aan waartydens jy dié plante in die natuur soek en pluk, ’n feesmaal daarmee berei en dan eet wat jy self geoes het. Skakel 072 234 4804. 20 Augustus: Gebruik kruie uit jou tuin en maak jou eie skoonheids­middels. Die kruiekenne­r Bridget Kitley gee ’n praktiese demonstras­ie op Stellenbos­ch oor hoe om kruie vir natuurlike skoonheid te gebruik. Nala-lantern R495 (groot), Voëlgieter R350, Plek is beperk, daarom is bespreking­s noodsaakli­k; skakel 079 499 2209 of besoek herb-nursery.co.za. 26 Augustus – 3 September: Ontdek die blomme van die Sederberge by Clanwillia­m se veldblomsk­ou. Verlustig jou in die indrukwekk­ende Gotiese argitektuu­r van die geskiedkun­dige Clanwillia­m-kerkie waar jy meer as 400 veldblomsp­esies van 32 plantfamil­ies kan sien – alles gerieflik op een plek sodat besoekers al die biome van die streek kan ervaar. Besoek clanwillia­mwildflowe­rfestival.co.za. Groentesaa­d sowat R17 per pakkie, builders.co.za

Plant kappertjie­s as ’n metgesel in jou groentetui­n en geniet hul smaaklike, gesonde eetbare blomme en blare.

 ??  ?? vergelegen.co.za 13 Augustus: herb-nursery.co.za. 13 en 27 Augustus:
vergelegen.co.za 13 Augustus: herb-nursery.co.za. 13 en 27 Augustus:
 ??  ?? Somerset-Wes Kamelia
Somerset-Wes Kamelia
 ??  ?? coricraft.co.za
coricraft.co.za
 ??  ?? pylones.co.za
pylones.co.za
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa