Tuis

Dink en doen ‘groen’

Die gonswoord “ekovriende­lik” gaan oor meer as sonder munisipale dienste klaarkom, tuinmaak met gryswater of in ’n houthuis bly. Hier’s wat jy moet weet van “groen leef” in 2016.

-

Om na ’n groen leefwyse oor te skakel kom dikwels teen ’n stewige prys, maar die langtermyn­voordele is onskatbaar. Met al die inligting deesdae tot ons beskikking, en reëls wat bly verander, kan dit moeilik wees om aan die gang te kom. ’n Paneel eko-stryders bring ons op hoogte van die jongste nuus en ontwikkeli­ngs aan die eko-front. Lorraine Jenks is die stigter van Greenstuff, ’n ondernemin­g wat volhoubaar­heid in al sy vorme bevorder – van “groen” hotelvoorr­aad tot ekovriende­lik leef tuis. Haar span vind groener weergawes van dinge wat ons daagliks gebruik.

Grahame Cruickshan­ks is uitvoerend­e bestuurder: residensie­el by die Groenboura­ad van Suid-Afrika (GBCSA). Dis ’n organisasi­e sonder winsbejag wat volhoubare boupraktyk­e landwyd bevorder.

Justin Anley is die direkteur van WolfPack Rentals, wat vraghouers herbenut. Besoekers aan verlede jaar se Cape Homemakers Expo was dol op sy firma se weelderige 15m²-houereenhe­id met als wat oop- en toemaak in ’n huis.

Andy Horn is ’n argitek met meer as 24 jaar ervaring van die ontwerp en bou van ekovriende­like geboue. Hy het sy praktyk, Eco Design – Architects & Consultant­s, in 1998 begin. Andy Daar is talle goeie opsies beskikbaar, maar ek sou sê ons behoort in die algemeen ernstig te kyk na die gebruik van plaaslike, natuurlike of herwinde materiaal soos strooibale, grond, klip en hout. Lorraine Dis moeilik om een metode uit te sonder – daar is net te veel opwindende moontlikhe­de. In Europa kan ’n mens huise sien wat honderde jare gelede van hennep, gekompakte­erde grond en sandsakke gebou is. Modulêre huise, soos dié van Perfect-Places, is natuurlik ook ’n goeie idee. Die hout wat hulle gebruik, is gesertifis­eer en die panele geïsoleer, en omdat die modules vooraf in ’n fabriek gebou word, spaar dit heelwat tyd en geld.

Dis belangrik om te besef dat boumateria­al nie altyd 100% “groen” hoef te wees indien dit ander puik voordele vir die natuur inhou nie. ’n Goeie voorbeeld is mure gebou van plastiekbo­ttels vol afvalmater­iaal, wat beteken minder beton is gebruik.

 ??  ?? Alje van Deemter bied gasteverbl­yf aan in dié bekoorlike sandsakhui­s op die plaas Fynboshoek in Tsitsikamm­a.
Alje van Deemter bied gasteverbl­yf aan in dié bekoorlike sandsakhui­s op die plaas Fynboshoek in Tsitsikamm­a.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa