Tuis

Vra die kenners

Is jy raadop met klam mure, wil jy ’n skaakbord-vloer hê of dalk die glans in jou blokkiesvl­oer terugsit? Jy vra – ons kry die antwoorde. 76

-

Saamgestel deur Frieda le Roux

Vir ’n blink blokkiesvl­oer

Anina van Oudtshoorn van Standerton skryf

Een manier is dat julle waks aansmeer en dit blink poets sodra die vloer begin dof lyk. ’n Vloerpolee­rder sal die taak vergemakli­k, maar jy sal dit redelik gereeld moet doen. En onthou: ’n Vloer wat met waks behandel word, is glad.

Die tweede opsie vereis heelwat meer voorbereid­ing, maar gaan jou op die lang duur baie tyd en moeite spaar. Raak ontslae van die waks wat in die vloer is met staalwol en mineraalte­rpentyn. Vee daarna die vloer goed af met ’n lap geweek in terpentyn. Dit sal alle stof, olies of waks uit die hout haal. (Plak sommer enige los blokkies nou vas met ’n kontakklee­fmiddel soos Alcolin Contact Adhesive.)

Wanneer die vloer skoon, glad en droog is, wend jy Woodoc 25 met ’n breë kwas aan. Dit is beskikbaar in satynglans (nes ’n vloer wat jare lank gepoleer is) of mat. Maak seker die hout is blinknat. As die vloer taaierig voel ná 12 uur se droging, is daar steeds waks in die hout en moet jy dit weer met mineraalte­rpentyn skoonmaak. Wend andersins soveel lae Woodoc 25 aan as wat die hout kan absorbeer.

Laat die eerste laag goed droog word, met

’n Afvlak-oplossing

Suné Venter skryf Dis ’n gespesiali­seerde soveel moontlik lugvloei daaroor, en wend dan ’n tweede, derde en selfs vierde laag aan. Vier lae sal lank hou. Laat die vloer ná die laaste laag vir minstens 24 uur ongestoord droog word, met goeie lugvloei.

Die enigste onderhoud wat voortaan nodig is, is om dit gereeld met ’n sagte besem te vee. Maak vuil kolle met ’n klam lappie skoon. Moet nooit die vloer met water was nie – dit dring die hout binne en laat dit swel; van die blokkies kan selfs uitspring. Seep of skoonmaakm­iddels wat gereeld aangewend word, sal die oppervlak onmiddelli­k dof maak.

 ??  ?? Ons het onlangs ons volvloerma­tte opgelig en so die mooiste blokkiesvl­oere ontdek. Nadat ons dit profession­eel laat afskuur het, wou ons nie vernis of iets soortgelyk­s gebruik nie en het die hout – wat baie droog was – behandel met aptekerspa­raffien en...
Ons het onlangs ons volvloerma­tte opgelig en so die mooiste blokkiesvl­oere ontdek. Nadat ons dit profession­eel laat afskuur het, wou ons nie vernis of iets soortgelyk­s gebruik nie en het die hout – wat baie droog was – behandel met aptekerspa­raffien en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa