Tuis

Ougoed of hougoed?

Anton Welz, afslaer by Stephan Welz & Co., antwoord 81

-

E-pos hougoed@tuis.co.za

Dit kom van ver af

Lindsay Salthouse van Johannesbu­rg skryf Hierdie kabinet was ’n erfstuk. My oumagrootj­ie het dit glo in die laat 1890’s via Engeland uit Indië na Suid-Afrika gebring.

Jou kabinet is van Anglo-Indiese oorsprong, definitief uit die 19dee eeu. Dit is moeilik om met sekerheid te sê van watter hout dit gemaak is, maar dis heel moontlik rooshout of padouk, wat algemeen vir meubels gebruik is. Anglo-Indiese meubels is tussen 1858 en 1947 vervaardig en het invloede van Indies-Europese ontwerp in die vervaardig­ing. Dit is dikwels gemaak vir koloniale administra­tiewe personeel of aristokrat­iese Indiërs. Dis ’n gesogte versamelst­uk.

Circa 1858 tot 1900 Tussen R6 000 en R9 000 op ’n veiling

Lekker ou Jan

Anja Thiart van Dwarskersb­os in die Wes-Kaap skryf

Die bord is deur Wedgwood Etruria vervaardig ter viering van die derde eeufees van Jan van Riebeek se aankoms in die Kaap. Gedenkbord­e soos hierdie een is sedert die 1940’s vervaardig en die kunstenaar­s by die Wedgwood School of Engraving het die oordragwer­k ontwerp en met die hand aangebring. Die bord het ook die tekens “Sponsored & Supplied by McLaren, Campbell & Co. Johannesbu­rg, South Africa”.

Circa 1940’s R80–R100 op ’n veiling >>

Pinkie in die lug

Maité Baverey van Tulbagh skryf

Hoewel die kroon een van die ontwerpe is wat die meeste deur porseleinf­abrieke gebruik is, is die versiersty­l op jou koppie en piering tipies van dié wat in Wene, Oostenryk vervaardig is. Die motiewe is gewoonlik deur oordragdru­kwerk aangebring en beeld verliefde paartjies uit die agttiende eeu uit.

Die porseleins­tukke is dikwels deur die kunstenaar “onderteken”, maar by nadere ondersoek is dit duidelik dat die handtekeni­ng ook met oordragdru­kwerk aangebring is en dus nie oorspronkl­ik is nie.

Onseker swelco.co.za >> Minder as R100 op ’n veiling

 ??  ?? OUDERDOM WAARDE Wat is die waarde van en geskiedeni­s agter dié bord? Shona Robie van Stephan Welz & Co. antwoord OUDERDOM WAARDE Ek het hierdie koppie en piering by my ouma geërf en sal graag wil weet of dit ’n storie het. Shona Robie van Stephan Welz & Co. antwoord OUDERDOM KONTAK WAARDE
OUDERDOM WAARDE Wat is die waarde van en geskiedeni­s agter dié bord? Shona Robie van Stephan Welz & Co. antwoord OUDERDOM WAARDE Ek het hierdie koppie en piering by my ouma geërf en sal graag wil weet of dit ’n storie het. Shona Robie van Stephan Welz & Co. antwoord OUDERDOM KONTAK WAARDE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa